Sunday, September 19

Ek vat saam …

Die toer in die regte lewe en op die blog is verby en ek’s effens in ‘n blog-depressie want ek is niks lus om oor elke dag dinge te skryf nie. Ramadan is verby en eintlik na drie maande het die skool weer begin, maar die sand waai steeds in en oor alles en deel van die huis is nog steeds in bokse en vertrekke word gebruik vir dinge waarvoor hulle nie bedoel was nie en en en. (Darem besig met foto's insamel om daaroor te blog)

Page1

Ons klim, ons loer, ons kyk en organiseer

Hoe vat mens alles wat jy gesien, beleef en ervaar het vas in ‘n sinnetjie of paragraaf? Daar het soveel dinge agter die “blog” en agter die “foto’s” gebeur wat seker net vir ons amazing en snaaks is/was. Soveel “segoed” en nuwe woorde het ontstaan en daar is so baie gelag oor alles, snaaks of nie. Nuwe vriende soos Elsie, Ulla en Ou Grote is gemaak.

Die eending wat egter soos ‘n paal bo water staan, is/was ons Pa se hand in die beplanning van en tydens die vakansie – en hoe Hy ons keer op keer op keer gebless en na ons gekyk. Om aan die einde van die dag te kon terug kyk en Sy hand so duidelik te sien in alles wat met ons gebeur het, selfs in die verdwaal, was amazing. Ek weet ek kan dit nie alles vertel nie, maar hier is ‘n paar specials met foto's wat nog nie gewys is nie. (en waarvoor ek seker in die moeilikheid gaan wees).

DSC_0001

Die gypsies maak heerlike Franse musiek oppad Parys toe

Voor die vertrek het ons ernstige visum probleme en waar om aansoek te doen. Frankryk kan ons eers ‘n visum gee nadat die vakansie begin en ons enigste oplossing ‘n ekstra week in Duitsland. Aansoek nie maklik in hierdie land nie, mens het brief nodig van jou werk, jou man om jou toestemming te gee om te gaan, Nelmari het brief nodig van Eddie dat sy saam met my mag gaan, afskrifte van vliegtuigkaartjies, besprekings, 6 maande se bankstate ens. MAAR Visum uitgereik drie dae later sonder ‘n onderhoud!!

Ekstra week affekteer bespreking van die huurmotor ens. maar ons besluit om eers daaroor te kommer wanneer ons daar is. Hierdie was een van Pa se groot bederf later

By aankoms kan ons eers 3 nm inboek (ons het 6:30 vm) geland maar ons bid en kry onmiddelik die sleutel sodat ons kan rus vir ‘n uur en daarna Disneyland opkuier.

Volgende oggend die trein wat wag om te vertrek is ons s’n en by die eerste stasdie klim gypsies op en maak heerlike franse musiek spesiaal vir ons – groot bederf

DSC_0020

Jippie!!!!

Ons kry die Louve en al die ander plekke sonder ‘n kaart en ons is baie bly!

Enigste terugslag met die afhaal van ons huurmotor voordat ons Provance toe ry. Die een wat ons oor die landsgrens kan vat is nog nie beskikbaar nie en hulle sal dit later bring. Gelukkig kry ons ‘n goeie plaasvervanger.

Page2

Ons blyplek in Garmisch-Partinkitchen

‘n Daguitstappie Avignon toe en ons ry die afrit mis, net om by Gorges aan te kom, op hulle markdag wat net eenkeer ‘n maand gebeur – groot bederf. Uiteindelik Avignon en hierdie keer kry ons die pad maklik en raai wat, dis hulle kunstefees en ons ervaar Avignon in volle glorie – groot bederf

Page1_0

Die baie rondloop maak ons voete seer en lekker moeg

Page2_0

Ander dag en weer moeg. Kyk waar kry ons internet sein :-)

Ons kry ons motor vir die res van die toer en die oggend oppad Italie toe lui my foon. Dis die verhuringsmaatskappy en hulle vra ons om asseblief die motor vir ‘n week langer te gebruik kosteloos!! Hoe het hulle geweet ons het nog nie ‘n motor nie en dit vir ‘n week !!!

Die blyplek in Italie is naby die hawe ---- hoeveel is daar? ---- en ons wil net verdwaal toe ons vir “Ulla” ons GPS ontdek en tot in die hotel se parkeerterrein ry. Sonder Ulla sou ons nooit daar uitgekom het nie. Ou grote (die motor) het nie ‘n handrem nie en daar’s ‘n probleem op een van die steil passe. Die motor word afgeskakel (nie deur ons nie) en ons kan wegtrek sonder enige probleem

Page3

Persoonlike grappies die :-). Wat maak Charmaine terwyl ons pannekoek eet?

Ag ek kan aangaan en aangaan oor die wonderlike plekke wat ons nie per toeval by uitgekom het nie, die wonderlike natuurskoon en plekke wat ons kon sien en ervaar, die wonderlike weer tydens die vakansie ens.

Page4

In alles dit en nog meer weet ek dat Vader ons groot bederf het tydens die vakansie en die klein toetsie wat af en toe op ons pad gekom het, het almal wonderlike uitkomste gehad.

P1120863

Ons laaste dag ervaar ons Munich en nie heeltemal die ervaring wat ons verwag het nie. Ons kry die Marine Platz en in opdrag van my dr ('n duitser) moet ons die Ratskeller Restaurant in hierdie ou gebou besoek

P1120861

Heerlike tradisionele Duitse kosse en 'n goeie einde vir ons toer.

Page5

Nelmari, Elriza en Charmaine, dankie vir julle bydrae om hierdie toer ‘n onvergeetlike ondervinding te maak. Julle twee jonges, julle het nouwel vir ons baie ekstra loopwerk gegee en hans geraak, maar dit was goed. Sonder julle sou die toer nie gewees het wat hy was nie. Maat dankie vir jou bydrae en die bestuur en petrol ingooi deur Europa, ek toer altyd lekker saam met jou.

Ons Groot Pa ‘n groot dankie vir al die heerlike bederf en dat U hand oor ons en met ons was in alles wat ons gedoen het en wat gebeur het.

En so loop die toer ten einde .... terug na die werklikheid!

9 comments:

retha said...

Goed dit was so n aangename tyd vir jul.

Thea said...

Na so 'n wonderlike hoogtepunt in mens se lewe is dit maar moeilik om weer aan die gang te kom met die gewone daaglikse lewe - ek het dit ook ondervind na ons Europese toer in 2005. Ek is regtig bly dat alles so goed vir julle uitgewerk het en dat julle soveel wonderlike plekke kon sien!!

Hehehe... Kan sien die mammaratzi het NIKS gemis nie!

Sandra said...

Dit was wonderlik Retha! Dankie vir jou lekker saamtoer ook.

Verskil tussen my en die papparatzi's Thea is hulle word betaal en ek kom in die moeilikheid :-)

Anne said...

Lekker saam met julle getoer. As daar nog goed in bokse is, kan jy mos nog nuwe goed ook koop of hoe?

Cecile said...

Ai dit is jammer die tyd gaan so gou verby...maar dit is wonderlik om te weet dat Onse Groot Vader elke stap van die wonderlike ervarings in ons lewe Sy Hand om ons te kan fou.

Sandra said...

Anne jy sal nie glo hoe vol sekere van die vertrekke is - nie met meubels nie. Een van die dae storie van "insettle" met foto's :-)

Dit is Cecile en ons is dankbaar vir elke dag en elke ding wat met ons gebeur het.

Sonja said...

Ai Sandra! Dit moes fantasties gewees het en seker moeilik om terug te wees tussen waaiende sand.

Miekie said...

Jy beskryf alles so LEKKER! Ek ken daardie "flat" gevoel na so 'n ervaring! Moeilik om weer in die gewone roetine te kom! (Ons het nounet kuiermense gehad en na twee dae se gewoel en eindeloos verantwoordelik voel vir almal se te ete en te drinke, is ek nou te pap om 'n papier in die asblik te gooi!) Oor julle toer: dis so goed om te weet dat as 'n mens se hand in die groot Toerleier s'n is, kan 'n mens maar ontspan. Jy sal wel uitkom waar en wanneer jy moet... soos wat jy so positief getuig het!
Sterkte met die sand en die gewone dinge!

Charmaine said...

Dankie ook vir jou maat en al die uitstekende blogs want dit help met die onthou. Ons Grootpa was elke oomblik van elke daag met ons. Ons is so geseend