Thursday, September 9

Aan alles kom daar ‘n einde …

… so glo ek die talle gevangenisse in die Dachau konsentrasiekamp het geglo en gebid. Maak nie saak hoe nie, laat daar net ‘n einde aan alles kom.

Ons laaste amptelike stop in Munich voordat ons terugvlieg was om ‘n konsentrasiekamp te besoek. Ek weet nie hoe en waar ek met my Graad 12 geskiedenis inligting verloor het nie, maar die Dachau kamp was nie ‘n naam wat ek kon onthou nie en tog was dit die eerste konsentrasie en “labour” kamp wat die die duitsers oopgemaak het. Dit was ook die eerste kamp wat SS soldate gebruik het en dit se al klaar iets.

P1120815

Die kamp was bekend as ‘n plek waar slegs manlike gevangenis aangehou was en alhoewel daar ook Jode was, het hulle hoofsaaklik mense wat as die staat se vyande bekend was daar aangehou. ‘n Kamp wat in sy 12 jaar bestaan (1933-1945) meer as 206 206 duisend geregistreerde gevangenisse gehad het met ‘n 31 951 wat dood is waarvan daar boek gehou is. As mens kyk na die foto’s van hope lyke wat daar gevind is, twyfel ek of die getalle ‘n fraksie is van die mense wat wel daar doodgemaak is…en dit was nie eers een van die “doodskampe” nie.

Gatehouse

Hierdie foto van gevangenis wat by die kamp ingaan in 1930 is van die web gekry. DIe woorde op die hek wat hulle verwelkom het is “Arbeid Macht Frei” wat beteken Labour brings libery en ek dink dat al die arbeid en ontbering wat die mense moes deurgaan die woorde beslis ‘n grap was. Mens moet ook onthou dat ouens soos Rudolf Hoess sy leerlingskap by die kamp gedoen het en vir wat hy later gedoen het, kan mens weet dat Dachau nie net ‘n arbeiderskamp was nie.

P1120817

Die gevoel wat mens kry as jy in die kamp rondstap is morbied en almal wat kom besoek kyk en luister met erns na die stories. Hierdie was die paradegrond waar die manne soggens moes aanmeld vir koppe tel en as iemand afwesig was, was daar moeilikheid. Ek kan net dink hoe van die moee honger lywe hulleself moes sleep, party seker met hulp van hulle maats om daar te wees sodat iemand nie doodgemaak sou word vir sy afwesigheid nie. Nie dat dit vreeslik gehelp het nie, want mense is partykeer uit rye uitgestamp deur die soldate, net om deur hulle geskiet te word omdat hulle nie in ‘n ry staan nie.

Page1

Hier kan mens sien waar die ander barakke gestaan het en natuurlik die torings wat die kamp se heining moes oppas. Nelmari loop in die laan af tussen die slaaplokale en ek dink as daardie bome kon praat sou dit gruwelstories vertel. Dachau was volgens rekord ‘n klas 1 kamp wat beteken het dat die behandeling van sy gevangenis nie so erg was nie en dat hulle ‘n beter kans gehad het om vrygelaat te word. Kan julle dink hoe dit dan by die ander kampe gegaan het want hierdie een was beskou as die beste van die konsentrasiekampe sover dit die hantering van sy gevangenis was.

DSC_0036

Om by vryheid, groen velde en blommetjies uit te kom, is dit eers doringdrade, heinings en soldate in wagtorings gereed om te skiet.

Page2

Die eerste gedenkgebou op die terrein is in 1960 opgerig. Die katolieke kapel om die al priesters wat in die kamp aangehou was te herdenk oa 'ook ‘n biskop van Munich wat later gehelp het om ‘n convent daar te vestig.

Page3

Daar is ook ‘n Joodse memorial opgerig saam met

Page4

‘n Protestante kerk in 1967.

Page6

Ons het so ‘n loertjie binne die barakke ook kon kry. Met die oorneem van die kamp deur die Amerikaners was daar meer as 30 000 gevangenis in die kamp wat oorspronklik vir 5 000 gebou is. Mens sien in die beddens in die begin was afgeskort, maar later met die massas mense was dit net een groot bed, drie vlakke hoog waar hulle soveel as moontlik mense ingedruk het om te slaap. Hierdie toestande saam met wanvoeding en mishandeling het ook veroorsaak dat siektes vinnig versprei het en hulle se dat rondom 1940 rond het daar nagenoeg 400 mense per dag doodgegaan aan siektes. In 1945 was daar nie meer steenkool in Duitsland beskikbaar nie en kon hulle nie die lyke verbrand nie, hulle kon nie eers met die wegry van die lyke na die massagrafte bybly nie.

Page5

Dit was ook so rondom 1942 dat Barak X (foto onder regs) gebou is. Roomse priesters is gebruik om die gaskamers wat lyk soos storte, en 4 verbrandingsoonde het, en ontsmettingskamers te bou. Eers is gese dat die oonde nooit gebruik is nie, maar later het hulle gese dis “moontlik” gebruik.

. GasChamber01

Om so in die stort/gaskamer te staan waar hoeveel mense ingeprop is onder die indruk dat hulle gaan stort en toe gegas is, is nogals nie ‘n goeie gevoel nie.

DSC_0008T

Een van die beelde op die terrein gemaak van brons, is ‘n heining waarop lyke hang – dit simboliseer die klomp gevangenis wat van honger en siekte in die kamp dood is gedurende 1933 – 1945.

DSC_0010

Nog ‘n beeld wat uit drie “links of a chain” aan mekaar vas is bestaan, simboliseer hoe die gevangenis van alles nasionaliteite, gelowe, beroepe saam gestaan het in die kamp. Op die skakels is daar gekleurde driehoekies. Al die gevangenis is die kamp het ‘n gekleurde hoekie op sy uniform gedra sodat hulle maklik geidentifiseer kon word. Die kommuniste en ander politieke gevangenis het rooi gedra, die uitlanders (meestal Pole) blou, die jode geel bo-op ‘n ander kleur wat meestal rooi was omdat hulle ook as politieke gevangenis geklassifiseer was. Homoseksuele gevangenis het pienk gedra, jehova getuienisse pers en gypsies bruin. Die duitsers wat in die konsentrasiekamp beland het, het groen driehoeke gedra, maar hulle word nie in die beeld verteenwoordig nie.

P1120828

Nog een van die monumente daar se in vyf tale “Never Again”

Soos ‘n oorledende van die kamp gese het …

“First they came for the socialists, and I did not speak out because I was not a socialist, then they came for the trade unionists, and I did not speak out because I was not a trade unionist, then they came for the jews and I did not speak out because I was not a Jew, then they came for me, and there was no one left to speak for me”

Alhoewel daar nog duisende mense in die wereld in massas doodgemaak word, wil ek glo en hoop dat daar ook lesse uit die oorlog geleer.

Die besoek was nogals 'n anderse ondervinding maar 'n defnitiewe moet.

Liefde

9 comments:

Anonymous said...

Hoendervleis stuff. :(

Paula said...

Hartseer :(

Sandra said...

Stem saam met jou Vlam en Paula

Cecile said...

Sjoe dis erg, mens kan nie glo nie....

Sandmensie said...

Hoe morbied,genade julle my vreedsame Vrydagmiddagluim is nou sommer verstoor..
Het dit julle nie baie aan "The boy in striped pajamas" laat dink nie?

Thea said...

Dit is inderdaad baie hartseer. Hoe wreed kan die mens nie wees nie!

Charmaine said...

Dis 'n seer plek die. Die dinge wat mense aan mekaar doen... !!

Jan and Miekie said...

Ek kan my net nie regtig indink hoe dit moes gewees het nie! Behalwe dat dit ontstellend hartseer is, is dit ook grillerig -so baie lywe bymekaar. Kan jy dink as jy in so 'n plek tussen al die hoese en ander ellendes moes probeer slaap.
Ons het natuurlik ook ons eie plekke van skaamte - soos Robben eiland en Vlakplaas.

Desire Fourie said...

Dis tragies, maar 'n deel van die wereld se geskiedenis wat nooit weer herhaal moet word nie.

Op 'n ander trant. Ek sou baie graag vir julle woestyndames 'n scrap dag wil kom aanbied, dis net die koste om daar uit te kom.

Julle moet die res van julle toer geniet.

Mooi bly
Desire