Wednesday, July 7

Deel van expat wees

Jare terug toe ons in Abu Dhabi aangekom het, het iemand 'n opmerking gemaak wat ek sommer gou-gou as nonsens afgemaak het. Sy het gese "ek maak nie vriende nie, want ons gaan nie vir lank hier wees nie". In hierdie klompie jare het ek alreeds die wonderlikste vriende gemaak wat ongeag waar ons oor die aardbol versprei is/of gaan wees, altyd spesiale vriende sal wees. Die slegte deel is egter dat mens moet totsiens se en omdat ons binnekort op vakansie gaan, het ons eerste groet die naweek geskied.
Page1

Heeltemal sonder om ons "oumas" se toestemming te vra het twee van ons "kleinkinders", Emily en Dante, se ouers besluit om na hulle pappa se land Mexico te trek. Vir oulaas wou ons bietjie tyd saam met hulle spandeer veral omdat ons nog nie vir klein Dante alleen gehad het nie. Ouma Charmaine het gedoen wat sy altyd so goed doen en van hou en dis om die kleingoed te voer - Dante was meer as bereid om te eet. Ek weet nie wie se kos sy so skelmpies eet nie :-)
Page2
En toe was dit swembad toe .... Klein Dante het dit omtrent geniet maar ons "oumas" het 'n probleem opgetel. Elriza het Dante heeltemal vir haarself geannekseer en wou hom glad nie deel nie. Hy het homself gate uit geniet.

Page3

Emily was soos 'n vissie in die water en het weer saam met Nelmari gespeel. Sy het 'n paar keer nadat hulle klaar geswem het, weer teruggekom.

Page4

Dan die "groot" kinders wat net so lekker die water geniet het.

Eers het die man erg gekla toe hy uit die water kom, maar die treintjie wat seepbelle blaas het vinnig sy aandag gevat. Hy het dit ook geniet toe sussie hom 'n drukkie kom gee.

Page6

En so het ons amper vergeet hoe moeg so 'n kleintjie mens kan maak. Hy het sommer so op my bene aan die slaap geraak en toe dit Charmaine se beurt was om hom op die bank op te pas, was sy gou-gou ook in droomland. Toe hy wakker word was dit ene glimlaggies of het hy vir Elriza se manier van kyk of die doek skoon is manier gelag.


Natuurlik moes mens 'n bietjie sjokolade ook eet.

DSC_0110

Vir oulaas 'n foto'jie.

Ons gaan julle baie mis Emily en Dante (en ja mamma en pappa ook), julle moet seblief kontak hou en vir ons gereeld foto's stuur en kom kuier!

Lief vir julle

10 comments:

Paula said...

Tattas is maar altyd hartseer :( Maar dit lyk asof daar baie lekker gekuier is :)

retha said...

Jammer vir die totsiens se. Hoop dit sal n manier wees hoe jul kan gaan kyk hoe Mexico lyk indien jul nog nie daar was nie.

Sandra said...

Ons het lekker gekuier Paula, ons geniet die kleingoed. Sterkte vir alles daar by julle!

Nooit lekker nie Retha. Mexico was nog nooit op 'n reisplan nie, maar wie weet noudat hulle daar is .... wie weet. Hoe gaan dit daar by jou?

Thea said...

Ag nee!! Julle gaan die ou 2 kleintjies vreeslik mis! Mens raak so geheg aan hulle. Danksy Skype sal julle darem hopelik nog in verbinding kan bly (dis nou as julle Skype daar kan gebruik).

Sandra said...

Ons gaan Thea hulle, veral Emily het so saam met die blog grootgeword. Skype is hier by ons geblog vir een of ander dom rede - William het dit vir my SA gebring maar dit werk net plek-plek. En een van die dae praat die twee spaans dan verstaan ons niks

Charmaine said...

As ons nie sou vriende maak nie om die seer totsiense te mis, sal ons op soveel vreugde uitmis. Ons gaan julle vreeslik mis Emily en Dante en Marina en Salvavor. Julle sal altyd vir ons baie spesiaal wees. Baie seen vir julle op julle pad vorentoe.

Cecile said...

Ai totsiens se is nie altyd lekker nie veral as daar sulke pragtige kinders by is.... (Die Here plaas mense in jou lewe met 'n doel en wanneer die doel bereik is, moet hulle weer aan beweeg dan kom die ander weer in....)

Jan and Miekie said...

Hulle is te dierbaar! Dit moet ERG wees om te groet! Sterkte met die gemis.
'n Vriendin van my se dogter kom een van die dae na Dubai - haar man begin in Augustus daar werk, kort na die geboorte van hulle 3e seuntjie en Karin sal spoedig volg. Ek kan my nie 'n lewe sonder my dogters en kleinkinders naby my indink nie!

Sandra said...

En so het ons ook al gegroet maat ;-)

Ons hoop vir baie nuwes Cecile, ons hou daarvan om met die kleintjies te speel en kuier.

Ooo Augustus is die warmste maand om te kom. Miskien moet Karin en die 3 seuntjies eers na ramadan kom - maar seker moet hulle skool begin ne? Ons is baie bevoorreg om so saam met jou kleinkinders te kan kuier Miekie.

Nimsi se Blog said...

Ag dit is vreeslik jammer en hartseer - klein Emily het deur jou blog deel van ons almal geword! Ons beste wense vergesel hulle.