Saturday, July 24

‘n Dag van wag en geduld en pret

En daar gaan ons op die lang verwagte vakansie met baie opgewondenheid en dogters vol planne. Sommer gou-gou moes hulle leer dat vir partygoed moet mens nogal bietjie wag en vir ander moet jy baie geduldig wees. Maar ons was regtig bederf deurdat alles seepglad verloop het.

Page1

Ons het reeds 10 uur die oggend by ons blyplek aangekom waar mens eers 3 uur kan inboek, maar daar was niemand in die plek nie en ons kon lekker uitpak en gesig was en regkry vir ons eerste stop – Disney Euro wat net 5 min van ons blyplek af is. Selfs by Disney was ons net op die regte tyd by die regte plek en ons besoek die Studios eerste.

Page2

Daar het ons afgeskop met ‘n ongelooflike kombinasie vertoning van ou rolprente met vandag se spesiale tegniek/effekte. Die meisies het ons ook in die Armageddon ingekry met baie lawaai, rook, vuur en goed om jou bang te maak. Die ou tannies het nie te sleg gedoen nie :-).

Page3

Kyk net bietjie na die parkering vir stootwaentjies. Walt en Mickey het ons welkom geheet.

Page4

En toe is dit Disneyland en voordat ons ingegaan het, is ons verras met die mooiste tuine. Komende van die woestyn was die blomme en groenigheid vir ons pragtig en het ons dit vreeslik geniet.

Page5

Die trein wat om die park ry en stasies by al 5 die “lande” het, was eerste op die program en so kon ons alles eers uitkyk en kon die dogters beplan. Daarna het ons meestal net hulle rugkant gesien en ons het gevolg.

Page6

So met die wegtrek was dit tyd vir die Disney parade en kon mens die pretpark se atmosfeer lekker ervaar met die musiek en karakters in die strate.

Page7

Oppad na die kasteel kondig hulle af die “konsert” gaan begin en die meisies boek vir hulle ‘n lekker sitplek. En toe is dit die ritte.

Page8

Ons was so beindruk met die meisies wat geloop het asof hulle die park al ‘n paar keer besoek het – sonder om te verdwaal en vir ons ou tannies te wag is daar van die een na die ander gegaan.

Page9

Die badkamers en restaurante was op die oulikste tema gebou. Die kinders besluit om die "oues van dae” ook op ‘n ride te vat, maar kyk net hoe hou hulle die horlosie dop om te kyk hoe lank dit ons neem.

Page10

Ons gaan op ‘n ride deur “It’s a small wolrd” en dis pragtig. Al die klein poppies wat verskillende stories en prentjies uitbeeld.

Page11

Dis alles so op ‘n oewer gebou terwyl ons met ‘n bootjie deur die small world vaar. Die kleur en tonele is pragtig.

Page12

En nog is hulle nie met ons klaar nie en ons word op ‘n bietjie meer waaghalsige rit geneem. Die Pirates of the Caribean. Hier word baie van die rolprent se tonele uitgebeeld en ook op ‘n oewer. Die verskil is dat die bootjie partykeer op gaan en dan later weer afduik in die water. Dit was ‘n groot avontuur.

Page13

Hier is ‘n paar van die tonele wat natuurlik ook klank by het.

Page14

Van die ander ritte neem hulle natuurlik sonder ons … wat ons verkyk aan die groen en buite tonele.

Page15

Kyk net daai berg op die Thundermountain rit en die twee se gesiggies met die afkom. Ons vat ‘n teebreuk – die eerste van die dag en dis laat in die aand al want die son gaan eers so tienuur onder.

Page16

Vir oulaas besoek ons almal die spookhuis bo-regs nadat ons verby die Silver Spur restaurant loop. Julle ouens in die Kaap sal weet dat dit die eerste spur in SA nierdie naam het en dadelik wil ons gaan eet, maar daar is soos by alles ‘n tou wat skrik vir niks.

Moeg na ‘n heerlike propvol dag van vlieg en Disney eet ons lekker by Planet Hollywood en toe is dit bedtoe. Die volgende dag is dit Parys en ons moet vroeg op.

Praat gou weer

Liefde

8 comments:

Sonja said...

Dit klink omtrent na n belewenis!

William said...

Lucky lucky!! I am very happy you guys had a good start to your vacation, and im sure ur only showing a fraction of the pics. You must just make sure ur enjoying it for all of us!!(there in the place you should not name)

retha said...

Met al die wonderlike dinge wat jul gesien het en die kinders jul heen gelei het wonder ek of die tannies nie poegaai is nog voor die vakansie behoorlik op dreef is nie.

Seker dit is n baie aangename tyd vir jul!

Paula said...

Dankie vir die lekker kyk fotos! Julle moet die trip verder sommer baie geniet!

Sandmensie said...

Hi julle! Sjoe die tiune is net so mooi soos 3jaar terug! Maar ek moet sê jy is DIE fotograaf!!! Sal bietjie van joufotos moet onderskep vir my scrapbook...
Ai jullle...geniet dit! Ek is wel daar saam julle..

Cecile said...

Dit is pragtig en ek dink, -nee wag weet-, dit is vir julle 'n belewenis. Julle moet dit baie geniet. Die fotos is pragtig.

Sandra said...

O ja dit is beslis Sonja!

Ons doen seun. Jy sou dit ook geniet het!

Net net Retha. Ons het darem nou 'n rustiger dag ook gehad anders sien ons nie die einde van die toer nie :-)

Sandra said...

Dankie Paula, Vicky en Cecile dit is een groot belewenis. Vicky ons mis jou hier :-)