Monday, July 12

Baie lag en pret

En steeds is ons op die groet tema. Gisteraand het ons afskeid geneem van een van ons "ou" vrouegroep lede wat eersdaags die dorp gaan verlaat. Dit voel nog soos nou die dag wat ons Amelia die dorp gaan rondwys het. Baie bybelstudies oor baie jare saam maak die groet vir ons groepie nog moeiliker. Gelukkig is daar partykeer 'n doel met al die fotonemery en kon ons vir Amelia al die jare op foto's saamvat.

DSC_0014

Nelmari het hard gewerk om die foto-scrapboek vir ons te maak - iets wat vertel van al die lief en leed saam as 'n groep.

Page1

Daar is van elke vrou 'n blad gemaak van ietsies wat ons gedoen of gemaak het gedurende die jare. Nelmari was baie oulik en het elke vrou se blad ietsie van haar persoonlikheid en/of liefde uitgebeeld.

Page2

Dit blad was ook in elkeen se gunsteling kleur met hulle naam op en 'n persoonlike boodskappie van elkeen.

DSC_0032

Amelia maak haar geskenk oop en kyk na die foto's.

Page3

Toe word daar gekuier en geeet dat die biesies bewe.

Page5

Waar die klomp bymekaar kom gaan dit altyd gepaard met lekker lag en partymense kon nie eers die nagereg vashou soos hulle lag nie.

DSC_0054

Amelia alles wat ons wou se is in die boek, maar verseker gaan ons jou insette, "wyshede", gesegdes en stoutigheid baie mis. Jou stoel gaan leeg wees.

Liefde

ns Corine ons het jou gemis, sal moet gaan koffiedrink.

6 comments:

Jan and Miekie said...

Ek is seker sy gaan die scrapboek "cherish"- kan nie nou aan 'n Afrikaanse woord dink nie. Waar kry Nelmari al haar inspirasie? Ek bewonder mense wat scrapbooking doen uit die diepte van my hart! Baie oulik, hoor.

retha said...

n Baie oulike idee, wat sekerlik n tyd geneem het om te voltooi.

Sandra said...

Miekie, ek sal hou om te dink Nelmari het die inspirasie van al my foto's gekry :-), maar dit was eintlik 'n opdrag vir 'n kaartjie wat sy toe in 'n boek laat uitloop het.

Tjoef-tjap daaraan gewerk Retha. Vanaf Vrydagaand tot Saterdagmiddag met baie ruskansies. Ek sou natuurlik langer geneem het.

Heleen said...

He he he ..... dit was n fees!! Altyd lekker om saam met julle uit te gaan. Baie min dinge in die lewe wat my op my kniee dryf ... Sandra se kamera!!! he he he
Lovies
Heleen

Sandra said...

:-) ek weet nie of dit heeltemal my kamera is nie Heleen, maar ek sal dit in gedagte hou volgende keer :-))

Charmaine said...

Kosbare herinneringe en brandhout vir die toekoms. Dankie Nelmari vir jou harde mooi werk