Friday, June 4

Maanlig vervang die sonlig

Die lenteweer is besig om erg spoed op te tel en die veertig grade word baie meer as wat nodig is bereik. Dit beteken dat baie goed wat "normaal" in die kort winter is, nou heeltemal taboe is of as jy dit doen heeltmal stupid is.

DSCF0506

In Desember het ek vertel van die kinders wat om die eiland gaan kayak het en so 'n maand of wat terug van die tieners wat gaan kayak en oorslaap het. Nou is dit te warm maar die jong volwassenes wou ook kayak so ...... moonlight kayak hier kom ons.

DSC_0214

Dis amper 7 uur in die aand toe hulle opgewonde bymekaarkom vir die paar uur in die donker onder die maanlig.

DSC_0216

Dis amper stormsterkte see met die wind wat branders maak :-) met Abu Dhabi op die agtergrond.

DSC_0224

Baadjies word aangetrek en hulle luister ernstig wat gepraat word.

DSC_0228

Met die maan wat nou reg is om die lig te verskaf, is hul reg om te gaan...

DSC_0239

William is hierdie keer op sy eie kayak.

DSC_0255

Met die terugkom, kon ons die groepie ver hoor aankom en blykbaar is daar vir 'n paar van hulle gese dat die nagstilte ook mooi is :-). Wat ookal, hulle het dit geniet en die pizza en fliek pogings daarna was nie heeltemal suksesvol nie. Blykbaar was daar 'n paar wat nie kon oe oophou tydens die fliek nie.

Die wie se naweek vandag begin, geniet!

10 comments:

nikita said...

Dit lyk te heerlik!

retha said...

Die ligte skyn so mooi op die laaste foto.

Sandra said...

Hulle het dit baie geniet Nikita!

Ek moes mooi wag vir hulle om terug te kom voordat ek dit kon neem Retha :-)

Sonja said...

Dit lyk baie lekker! Julle wens seker die "winter" wil langer bly!

Sandra said...

Sonja die winter hier is 'n lekker tipiese somersdag in SA en ons kan regtig met nog 'n maand of drie daarmee klaarkom.

Miekie said...

Ek kan my indink hoe lekker dit moes wees! Ons het al dikwels lang ente in die maan gaan stap - dis te heerlik, want daar is geen warm son nie! G'n hoede, g'n sunblock, g'n sweet ens. ens. Net baie lekker. Jy inspireer my om weer so iets te reel, maar dalk moet ek maar wag vir die Lente! (Brr koud vanaand hier in Gauteng.)

Desire Fourie said...

Ja nee, 'n boer maak 'n plan ... roei onder maanskyn kan nogal romanties ook wees. Dis duidelik niks stuit die jeug meer nie.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Bietjie koue sou nou lekker wees Miekie. Al is die aande koeler hier is die humiditeit lekker hoog en is mens erg taai na die kayak - maar dit is lekker.

Niks nie Desire ~ 'n dit wys net dat daar 'n oplossing vir elke probleem is :-)

Charmaine said...

Ons nooi almal uit om saam met ons ou tannies te kom roei...se net nie wanneer nie... ek is baie lus en ons dreig maar as die kinders en jongmense so terugkom en kla hulle is klaar styf dan weet ek nie so mooi nie. Ons word by die dag ouer. Wanneer gaan ons roei maat?

Sandra said...

Hoe kan jy mense uitnooi voordat ons geoefen het maat? Ons sal die roeiery in stilte en in geheimhouding doen en AS alles goedgaan kan ons vir almal vertel - so niemand gaan weet nie ;-)