Wednesday, March 31

Kuier op bestelling

Een van die dae is dit 'n baie spesiale klein dogtertjie se vierde verjaarsdag. Julle wat die blog volg sal al baie van Emily gelees en gesien het.

Page1

Sy en Nelmari moes 'n "vergadering" hou om te besluit watter koek wil sy vir haar verjaarsdag he, want Nelmari gaan dit maak. Die tema gaan defnitief iets met pienk, feetjie of prinses wees. Die keuse tussen 'n kasteel en 'n prinseskoets (ek dink) het in die loop van die dag al om die halfuur verander en nou moet ons maar wag om te sien wat Nelmari uiteindelik gaan maak.

Page2

In November het ek ook vir kleinboetjie Dante aan julle voorgestel, en die vriendelike mannetjie is nou 4 maande oud. Al is hy bietjie siekerig met die aaklige griep wat op die oomblik hier rondhang - en natuurlik help die sandstorms glad nie - was hy vol glimlaggies.

Was lekker gewees om die tweetjies weer te sien - en vir die mamma :-) en sommer een van die dae loop Dante ook soos Emily saam met ons rond.

Mooi bly almal.

8 comments:

Sonja said...

Die dollies is darem almal dieselfde! Die boetatjie is te oulik en vriendelik!

retha said...

Sien uit om die verjaardag te sien. Sterke Nelmari met die harde werk!

Sandra said...

Is dogtertjies nie almal so pienk en prinsesies verskrik nie Sonja :-)

Sandra said...

Ons gaan beslis wys Retha

Thea said...

Kan sien daar word lekker pop gespeel! En ek weet sommer die koek gaan weer 'n treffer wees.

nikita said...

Baie oulik en cute!

Jan and Miekie said...

Ek sien uit na die fotos van die KOEK en die res van die partytjie. Sterkte met die bakkery Nelmari! Is dogtertjies nie net 'n fees nie? Boetatjis op die fototjies is ook te dierbaar!
(Ons is self aan't beplan vir iemand se 2e verjaarsdagpartytjie...!)

Sandra said...

Ek hoop daai koek gaan wees wat die juffrou wil he Thea :-)

Hulle is ne Nikita

En wat's die geheim Miekie? Hoe gaan die verjaarsdagkoek lyk?