Sunday, March 14

Duinedorp “B”

Dit gaan maar op die oomblik lekker dol in die Holloway huishouding met die dat ons duinedorp toe getrek het.

Page3

Net soos my www adres se tussen-die-duine, is die plekkie ook behoorlik tussen die duine. Die sand, sand en sand is oppad en dan sien julle die kompleks met die villas en onder is ons een.

Page1

Maar die adres kon ook op hierdie stadium tussen-die-bokse gewees het, want alles staan nog om uitgepak te word. Bo links is Charmaine besig om my kombuiskaste te was - dankie vir al jou hulp met die skoonmaak en die aanry van kos en drinkgoed maat, ons waardeer. Die klompe bokse is my studeerkamer wat nog ernstige uitpak moet word en die studeerkamer se lekker venster - die katte is mal oor die sonnetjie wat daar inskyn. Nelmari het ook so af en toe kom help - bo regs.

Miskien as dit eendag uitgesorteer is, wys ek julle hoe dit lyk :-).

Geniet julle week

15 comments:

Thea said...

Sterkte met al die bokse uitpak Sandra! Ons het ook gister begin met die "Groot Trek"! :-) Die eintlike trek (meubels) is komende Vrydag. Teen dan hoop ek om meeste van my goed al in die kaste te hê want ek gaan laai elke oggend die verwers by die huis af en laai dan sommer die Rav se kattebak vol goed.

Hoop julle gaan baie lekker in julle nuwe tuiste bly. Hoe ver is julle uit die dorp uit?

Sandra said...

Dis so 30 min uit die stad uit Thea. Die meeste bokse wat nog uitgepak moet word moet nog wag vir rakke. Sterkte met jou trek!

Man-wat-alles-moes-aanry said...

24/25 keer heen en weer, alles self aangery met die hulp van ons seun, my broer en 'n vriend wat soos my broer is........en selfs 'n vrag of twee in my vrou se ou karretjie!

Gisteraand die eerste keer 'n vleisie gebraai op my nuwe stoep..........was dit nou lekker, al was dit toe al 11 uur!

Ronelle said...

Julle plek lyk pragtig ~ behalwe vir al die sand om julle kompleks ;-) (Sterkte met die afstof nig)

Eddie, net 'n boerseun wat 11uur in die aand na 24/25 se heen en weer 'n vleisie sal braai..

Sandra said...

Eddie dis wou nie moes nie. Ek sou een groot vrag trek verkies, Dan kon jy solank die gordynreelings opgesit het

Sandra said...

Ronelle jy wil nie weet hoeveel sekondes dit die sand/stof vat om terug te kom nie

Charmaine said...

Julle plek is regtig pragtig en die bietjie help is 'n groot plesier. Sterkte vir daai sand!!

mariette said...

Jip Julle het 'n pragtige plekkie!
En ek glo julle gaan dit daar geniet. Hoeveel surkels tot by julle villa? lol!

Julle is darm nou baie nader aan die kerk, so dit is darm 'n plus of hoe?

Nou geniet die uitpak, dit is altyd lekker om in 'n nuwe plekkie te wees. en wanneer jy nou voel jy nie meer te veel werk het nie en jy 'n koffie breuk kan vat, laat weet my dan kom maak ek so. - Jy is ook natuurlik welkom om in te pop wanneer julle gou melk by lulus kom kry.

lekker dag vir jou!

Sandra said...

Dankie maat ek het dit nodig :-)

Van julle af Mariette? Seker 6/7 sirkels. Heelwat nader aan die kerk, maar behalwe vir die bediening in die dorp begin ons ook 'n nuwe een wat in die dorp is - so ry sal ek ry. Koffie volgende week?
:-).

Mensies-anderkant-die-duin said...

Nou is julle darem nader aan Al Ain :-). Ja dis nou maar een ding van die sandland...STOF in sekondes!!

Anonymous said...

Jip dit klink lekker, jy kan my trane kom afvee, want my seuntjie gaan van sondag af skool toe... so ek sal beskikbaar wees vir koffie tussen 9 en 1uur. :-)

Mariette said...

Die anonymous was nou natuurlik ek wat Mariette is hoor! LOL!!!!

retha said...

Ek het nou glad nie gedink enige iets of iemand sal spesifiek die son gaan op soek daar waar julle bly nie.

Glo jul gaan baie lekker bly!

Sandra said...

Mariette ek dink ons moet 'n afspraak maak vir volgende week. Miskien Maandag?

Retha hier soek mens nie die son en sand nie, dit soek jou :-)

Desia said...

Dit lyk na 'n lekker plek, sand ten spyt! Geniet dit!