Monday, February 8

Nuut op die spyskaart

Vir al julle “burger fans” hier is iets nuuts op die spyskaart om te probeer. Nie ‘n beef-, hoender of visburger nie, maar ‘n …… kameelburger!

2728808231

Volgens ‘n beriggie in die plaaslike koerant is hierdie burger besig om taamlik gewild onder die plaaslike inwoners en toeriste te word. En vir die vir wie dit belangrik is , en wie dit natuurlik sal glo, hierdie quarter-pounder is blykbaar vet en cholestrol vry!

Twee eetplekke in Dubai verkoop hierdie gewilde eetding en dis nogal nie in hierjy malls nie hoor!

Behalwe dat dit kameel is, wat my bekommerd maak is dat kameelvleis blykbaar harde vleis is en die eienaar van die restaurante se dis 'n geheim hoe hulle dit sag maak, behalwe deur speserye ens. te gebruik. Die prentjie wat ek in my kop kry vat my eetlus weg.

Die kameel-patty weeg so 120 gram en word bedien saam met skyfies en groenslaai. Hulle gebruik nie 'n gewone burger rolletjie nie, maar 'n vars gebakte "khameer" brood (ronde gis broodjie). Dan word die gebruiklike kaas en hulle eie maak sous bygesit. Dit kos so dhs20 (R40) en mens kan as jy wil dit afslug met kameelmelkskommel of koeldrank.

Enigeen honger?

11 comments:

Nelmari said...

Ewwwwwwwww

Ronelle said...

Nee!!!!

Sandra said...

Julle twee het regtig baie "te se" vandag.

Ek neem aan dat julle dit nie eers wil probeer nie?!?

retha said...

Wel, moet my net nie se dit is wat jy voor sit nie dan eet ek dalk smaaklik.

Sonja said...

Arme kamele...Is hulle nie van meer nut as geharde pakdiere nie??
Ek kan nie dink hoe moet kameelmelkskommel proe nie? Dubbeldik kameelskud asb.!

Sandra said...

Wonder of dit lekker sal smaak Retha?

Sonja die mense se dieselfde van beeste :-). Die kinders het al die melkskommel gedrink maar ek's nog nie sterk genoeg om dit te probeer nie.

Desire Fourie said...

Nou het ek alles gehoor. Ek verkies maar my oulike koeiprodukte.
Mooi bly

Charmaine said...

O nee, ek bly ook liewer by die beesvleis... behalwe dat ek die arme kamele jammer kry, hulle is soooo cute... gril ek tot in my sokkies vir die harde vleis. Maar eintlik is ek jammer vir die beeste ook...ag tog!!

Sandra said...

Ek stem Desire. Lekker om van jou te hoor ek sien daai naweek van julle was 'n groot fees. Ek dink ons moet ook een kom bywoon of miskien moet jy een hier kom aanbied :-).

Maat hoe gaan daai gesegte van jammer kry gaan jou nerens kry? Ons sal van slaai en vis lewe --- dit kan werk --- ok 'n klap teen die kop dit sal nie werk nie :-)

Charmaine said...

Ja nee...ek hoor wat jy se maat. Onder andere

Sandra said...

Ek sien nou eers die rol toiletpapier langs die kos.... jitte :-)