Friday, February 26

Die lang stilte

Die afgelope paar dae was dol waar baie geseend. Dit was tien dae waaraan ons voluit met en vir ons jeug hier in die UAE gewerk het en tyd vir blog was daar nie. 'n Volledige storie oor alles sal op ons kerkblog wees, maar hierdie is vir Nelmari wat een van die kampers was en natuurlik vir julle om te sien :-). Verlede naweek het ons met 'n klomp SA kinders by 'n terrein in Sharjah gekamp en ons tema was Voluit vir Christus - Olimpiese spele.

DSC_0103

Die kerk het spesiaal vir Elriza laat kom om die "jeug-predikant" op die kamp te wees en sy het verseker haar hande vol gehad met ons baie geesdriftige klomp tieners. Hier word die kamp amptelik met die aansteek van die olimpiese-fakkel gedoen. Saam met die fakkeldraer is Elriza regs (die kortste een) en die vier groepleiers, Nelmari staan net agter haar.

DSC_0105

Die vier groepe het hard gewerk aan baniere en krete vir wanneer die kompetisie begin. Die name van die groepe was die Efesiers, Romeine, Judiers en Hebreers.

DSC_0202

Na 'n eerste nag van amper niks slaap nie en waarin ek hulle verskeie kere moes vra om bietjie sagter te raas lyk hulle maar vaal en moeg tydens die eerste sessie.

DSC_0247

Op 'n stadium deur die oggend het Elriza ook vir die leiers en 'n paar jonger kampers, 'n koordans geleer wat hulle die aand sou doen. Ek het 'n video maar sukkel om dit opgelaai te kry - gaan aanhou probeer julle moet dit sien.

DSC_0407

Nelmari en haar pelle op die kamp wat vir baie min slaap maar groot geesdrif gedurende die kamp gesorg het.

Page1_1

Die spele het vir groot pret gesorg en die kinders het dit geniet. Nelmari se groep die Romeine het gewen!

DSC_0448

Die lofprysing was met groot geesdrif gedoen, deur die seniors en ...

DSC_0167

die ander kampers.

DSC_0450

En soos ons kinders dan ook baie geesdriftig gesing het, "One way Jesus, you're the only one that I live for ...."

Page2_1

Dit was maar moeilik om na so 'n kamp totsiens vir mekaar te se en die 6 legends het klomp foto's vir "onthou's" geneem.

DSC_0011

Maar die kamp was nie die einde nie, want daarna het ons tussen die emirate gery waar Elriza orals gaan praatjies met ons jongmense hou het. Dit sal ook op ons kerkblog kom. Hier is 'n paar wat die aand in Abu Dhabi nog in die gees van die kamp nie kon ophou worship nie!

Ons is almal lekker moeg maar dit was goed om te sien hoe ons jongmense nader aan Vader wil wees en met Hom 'n spesiale liefdesverhouding wil he. Dankie vir jou aandeel hierin Elriza, hoop jy het 'n veilige vlug en ons sien uit om jou baie binnekort weer saam met ons jongmense te he. Wees gewaarsku hulle beplan al klaar die volgende kamp!

Lekker naweek julle!

Liefde

4 comments:

Charmaine said...

Maat jy het ongelooflik moeite gedoen vir die jeug. Mooi so, jy het jou knap gedra...

Jan and Miekie said...

Wat 'n besondere kamp! Met Nelmari in die span, kon die Romeine nie anders as om te wen nie! Baie, baie seën vir julle werk daardoer. En hoe spesiaal om Elriza daar te hê. Dit was seker vir haar ook baie lekker. Ek hoop jy kry die koordans video gelaai. Ek self is mal oor koordans.

Sandra said...

Sonder julle ouens sou die kamp nie gewees het wat dit was nie maat.

Ek probeer hard om die video af te laai Miekie dit was nogal besonders om die kinders so te sien dans.

Will said...

hi mom, that camp looked really fun! It looks like they really enjoyed it.