Monday, January 18

Braaivleis, winterweer en …..

Sekere advertensies sal mens seker nooit vergeet nie en die Chev se ene is verseker een van hulle. Hier in die woestynland is dit braaivleis (altyd), winterweer (asb net nie son nie) en perderesies.

DSC_0003

Een van die lekkerste uitstappies hier omdat dit in die winter plaasvind en gedurende die aand wat ons die geleentheid gee om buite te wees en nie te dood van die hitte nie, is die perderesies. Met 'n Suid-Afrikaner by die klubhuis het die golfbaan (wat in die middel is van die perderesiesbaan) die wedrenaande 'n braaiaand gemaak, en mens kuier daar vir die lekker braaivleis en bykosse en kan ook loer na die perde wat daar verbyhardloop.

DSC_0008

Hulle wys ook die wedrenne op tv's en orals word daar klein weddenskappe om die tafels vir die tafels gemaak. Party kyk na die kleure van die jokkie se klere, ander kyk of dit 'n sheikh se perd is of nie, en party kyk selfs of die perd al 'n vorige wedren gewen het. Die wedrenne is 'n halfuur uit mekaar en rondom ons tafel verloop die program min of meer as volg. Daar word ernstig besluit watter perd (die ou wat laaste se kry die perd wat niemand gekies het nie). Dan word daar voorgereg ingeskep en met die laaste happie is dit tyd vir die wedren.

Page2

Amper die hele "restaurant" beweeg dan af om langs die baan te gaan staan en hulle perde aan te moedig. Ek kan gewoonlik met vrymoedigheid foto's neem, want my perd is of gediskwalifiseer of vir een of ander rede reg agter.

Page1

Dan weer terug om die volgende perd te kies, die volgende dis en halfuur later weer langs die baan. So gaan dit dan aan totdat die laaste resies verby is en dan het mens ookal heeltemal teveel geeet. Dis regtig een van die lekkerste dinge om hier te doen in die aand, net omdat ons buite kan wees sonder 'n lugversorging .... en natuurlik die lekker braaivleis.

Nou is die helfde van die kindertjies terug in SA. Ons sien uit na julle volgende kuier en begin al klaar soek na nuwe plekke om te doen en te sien!

12 comments:

Miekie said...

Lyk so gesellig die aand daar in die woestyn. Hoor of sien julle ooit enige uithouritte? Ek hoor net van die sjeiks wat S.A. toe kom om uithourit Arabiere te koop. Wonder hoe 'n mens in die hitte so lank buite kan ry? Thelwyn se perd het die naweek vir die eerste keer in 'n lang tyd weer LEKKER gery: sy vang weer spoed vir die nuwe uithourit seisoen.

retha said...

Braaivleis en perde was n goeie kombinasie! En eerder in die aand as die baie vroee oggend ontbyt om te sien hoe hul oefen wat 'ons' hier het.

Sandra said...

Miekie hier is 'n paar endurance "bane" naby en natuurlik is die hoof sheikh Mohammed van Dxb een van die bestes ter wereld in hierdie sport. Hy en sy seuns het al baie medaljes gewen.

Retha ons geniet ook altyd die kombinasie. Die kameelreisies is gewoonlik baie vroeg in die oggend so rondom 5/6.

Mariette said...

Dit lyk nou voorwaar lekker. Ek het al gehoor van die SA braaier daar, maar ons weet nie watse aande dit is nie.

Is hierdie plek van ons nie darm ma lekker nie, daar is gereeld dinge om te sien en uit te toets?

lekker dag.

Desire Fourie said...

Sjoe dit lyk nou baie gesellig so in die aandlug.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Hi Mariette dis net op Sondae aande in die winterseisoen. Dit duur gewoonlik so 6/7 weke. Jy moet voor die tyd bespreek dis nogal vol en besig. Julle sal dit geniet!

Dis lekker Desire en winter aandlug hier is nogal besonders.

Sonja said...

Dit lyk alte lekker,geniet die koeler weer! Julle wens seker dit wil laaaaank winter bly!

Desia said...

Geen sneeu vir julle nie? Met die dat die weer so eienaardig is, sou ek nie verbaas wees as daar dalk 'n paar vlokkies val nie? (Ons het uitsonderlike "warm" weer en ook ongewoon min sneeu hier, nie dat ek kla nie!)
Dis te lekker dat van die SA tradisies (braaivleis, weet nie van die perderenne nie!!) ook daar voortgaan,, goed vir die opkomende geslag.

Sandra said...

Sonja winter kan maar bly ja. Op 'n lekker wintersdag is dit soos 'n heerlike somersdag by die huis. Ek hou so daarvan om koud te kry en hier gebeur dit maar min.

Desia mens weet nooit :-). Ek dink nie braaivleis sal ooit verdwyn nie want oa die Amerikaners, Kanadese en Britte hier weet almal van "braaivleis" en gebruik ook die woord. Dis iets so eie aan ons dat selfs hulle moet erken ons Saffers kan wanneer dit by BBQ kom ;-)

Thea said...

Dit klink na 'n heerlike "outing". My mond hang maar net alweer oop vir die groot verskeidenheid van dinge wat daar by julle te doene is! :-)

Sandra said...

Thea jy weet wat my kommentaar hierop gaan wees ne :-)?

Thea said...

Hehehe... ja!