Tuesday, January 26

Berge en dale

Wat’s die prentjie wat jy kry wanneer jy dink aan ‘n woestyn? Sand, sand en nogmals sand? Miskien het van my stories al 'n ander prentjie in jou kop gesit :-). Maar komende van die Kaap is 'n groot gemis die berge!! Ry mens so bietjie weg van ons dorpie na van die ander in die emirate is daar egter 'n berg of drie te sien, veral naby wadi's.

20932_270165981851_670056851_3905789_4163154_n

Vir die wat nie weet nie, ‘n wadi is ‘n plek in die berge waar daar deur ‘n natuurlike proses ‘n pad, vallei, ens ontstaan. Dis nou nie soos daai foto'tjies geneem in ons mooi land nie Sonja, maar tog het dit sy eie bekoring.

. 20932_270142091851_670056851_3905703_483411_n

Water van opvanggebiede hardloop hier deur na enige plek waarnatoe die water wil gaan, soos die see, ‘n dam of net die vlakte. Dus is ‘n wadi soort van ‘n waterpad. Vir die arabiere beteken wadis egter valleie.

20932_270142101851_670056851_3905704_5674355_n

‘n Ander “tradisie” hier is dat wadis gebruik word om van een plek na ‘n ander tussen villages en berge ens te ry. Hier in die UAE is baie wadi’s waarvan party nog gereeld in vloed is en ander weer heeltemal uitgedroog het.

20932_270142081851_670056851_3905702_2222683_n

Van die mooiste natuurskoon hier in die UAE, is te sien wanneer mens deur so ‘n wadi ry.

20932_270165956851_670056851_3905787_5553757_n20932_270165941851_670056851_3905785_7210949_n

Hulle se as mens deur ‘n wadi ry is dit soos ‘n reis deur die geologiese geskiedenis van die aarde.

20932_270142076851_670056851_3905701_5645058_n

James ek kan sien jy en Leane slaan hier tentjie op sodat sy na die klippies kan kyk :-).

20932_270142256851_670056851_3905719_342274_n

Dis natuurlik 'n gewilde naweek aktiwiteit hier. Kyk net daai kamp!

20932_270142261851_670056851_3905720_1932628_n

En een van die redes is beslis die poele waar mens kan swem.

20932_270165946851_670056851_3905786_5983864_n

En by party hoef mens nie eers te kommer oor die ablusiegeriewe nie :-). Kompleet met plastiek afvoerpype en alles.

20932_270165971851_670056851_3905788_6502618_n

Natuurlik moet mens versigtig wees waar jy kamp opslaan want dit gebeur baie dat dit hoog op in die berge reen en dan kom die water sonder waarskuwing by die wadi's af. So 'n wadi besoek is beslis iets wat jy ten minste een keer hier moet doen.

Dankie Edna vir die foto's ek waardeer.

10 comments:

Charmaine said...

Die 'n ruwwe soort mooi die. Ek dink aan skoene met dik sole en jinne, darem net so ietwat van 'n skermpie vir die ablusie.. :-) En defnitief voor die somer toeslaan

Sonja said...

Dit is n baie interessante plek. Die waterpoele is so pragtig! En om daar te kamp moet n baie lekker rustige ervaring wees waar jy regtig in die natuur is. As mens hier kamp,soos jy weet,kan n mens dit nie waag om sommer so in die oopte te kamp nie! Dit is net n droom vir enige iemand wat hier bly! Ek dink ek sal maar n tentjie vir die ablusieblok ook saam vat....!

Sandra said...

En die somer is klaar besig om terug te kom maat. Dink net aan al die vliee :-)

Dis heel veilig om in die oopte te kamp Sonja, maar daar is tog mense wat die plek vuil agterlaat. Selfs langs die see was dit veilig om sommer net tentjie op te slaan Ek sou ook 'n tipe of skerm of ding om daai toilette wil sit.

Desire Fourie said...

Mmm ... ek kan definitief met jou assosieer rakende die gemis aan berge. SA het darem maar ongelooflike berge ... hierdie wat jy hier in die fotos het lyk meer na koppies as mens aan die Drakensberge dink, maar ten minste is dit 'n troos ne!
Mooi bly

Miekie said...

Dit het 'n eie mooi, soos die Karoo en Namakwaland. Ek sal vreeslik graag daar wou gaan stap - miskien snags in die maanlig as dit nie te warm is nie. Daardie toilette... nou het ek ook alles gesien. Op staproetes hier gebruik 'n mens mos maar die bossies... of altans dis wat ons moes doen in die dae toe ons nog staproetes aangedurf het!

Sandra said...

Beslis niks soos die huis se berge nie Desire maar as plaasvervanger het dit sy eie bekoring.

Hier is baie sulke plekke Miekie, jy moet kom stap jong en dis baie veilig :-)

retha said...

Pragtig!
Die lug lyk so skoon. My ander onvermeidelike gadagte, mens voel seker heeltemal veilig daar

Sandra said...

Retha ja mens is nogal veilig - die grootste "gevaar" kan die onverwagste water wat afkom wees.

Thea said...

Nou ja, daar leer ek nou alweer nog iets van die woestyn. Baie interessant Sandra. En... uhm...ek sien die kleinhuisies is alles behalwe klein en nogal met 'n uitsig ook! LOL!!

Sandra said...

Glad nie klein nie Thea. Wat mens inboet vir privaatheid kry jy uit vir die uitsig :-)