Showing posts with label Wadi's. Show all posts
Showing posts with label Wadi's. Show all posts

Wednesday, March 21

'n Anderkant van die woestyn

Nog steeds besig om deur die ou foto's te werk en behalwe vir die vele kampe langs die see, was in die wadi's ry ook hoog bo-op die lys. Soos in die woestyn ry, was dit ook een van die mans se speletjies waar hulle die motors bietjie deur al die terreine kan toets. In een van my vorige blogs hier vertel ek bietjie meer oor wat 'n wadi is en hoe dit daar lyk. Op hierdie trippie was die kinders beloof dat hulle bietjie kan gaan swem - natuurlik dat hulle kon stilsit tydens die 4x4 speletjies.

img363

Daar word in die droe rivierloop opgery opsoek na water.

Page2

Dis moeilik om te dink dat mens iewers kan gaan swem so tydens die stop vir middagete want dit lyk maar klipperig en droog. William en sy maatjie Marnus is egter reg ingeval die water kom terwyl Nelmari bietjie nader kennis maak met 'n bok.

img372

Tot groot vermaak van die volwassenes in die motor is William heeltemal "gesnorkel" en reg vir die water in die berg - ons het mos belowe hulle sal kan swem.

Page1

En wanneer die water gekry word is dit eers speeltyd vir die motors en hul eienaars.

img364

En nou lyk die piekniek plek nie meer so droog en klipperig nie.

Page3

En uiteindelik kan daar geswem word!

Tuesday, January 26

Berge en dale

Wat’s die prentjie wat jy kry wanneer jy dink aan ‘n woestyn? Sand, sand en nogmals sand? Miskien het van my stories al 'n ander prentjie in jou kop gesit :-). Maar komende van die Kaap is 'n groot gemis die berge!! Ry mens so bietjie weg van ons dorpie na van die ander in die emirate is daar egter 'n berg of drie te sien, veral naby wadi's.

20932_270165981851_670056851_3905789_4163154_n

Vir die wat nie weet nie, ‘n wadi is ‘n plek in die berge waar daar deur ‘n natuurlike proses ‘n pad, vallei, ens ontstaan. Dis nou nie soos daai foto'tjies geneem in ons mooi land nie Sonja, maar tog het dit sy eie bekoring.

. 20932_270142091851_670056851_3905703_483411_n

Water van opvanggebiede hardloop hier deur na enige plek waarnatoe die water wil gaan, soos die see, ‘n dam of net die vlakte. Dus is ‘n wadi soort van ‘n waterpad. Vir die arabiere beteken wadis egter valleie.

20932_270142101851_670056851_3905704_5674355_n

‘n Ander “tradisie” hier is dat wadis gebruik word om van een plek na ‘n ander tussen villages en berge ens te ry. Hier in die UAE is baie wadi’s waarvan party nog gereeld in vloed is en ander weer heeltemal uitgedroog het.

20932_270142081851_670056851_3905702_2222683_n

Van die mooiste natuurskoon hier in die UAE, is te sien wanneer mens deur so ‘n wadi ry.

20932_270165956851_670056851_3905787_5553757_n20932_270165941851_670056851_3905785_7210949_n

Hulle se as mens deur ‘n wadi ry is dit soos ‘n reis deur die geologiese geskiedenis van die aarde.

20932_270142076851_670056851_3905701_5645058_n

James ek kan sien jy en Leane slaan hier tentjie op sodat sy na die klippies kan kyk :-).

20932_270142256851_670056851_3905719_342274_n

Dis natuurlik 'n gewilde naweek aktiwiteit hier. Kyk net daai kamp!

20932_270142261851_670056851_3905720_1932628_n

En een van die redes is beslis die poele waar mens kan swem.

20932_270165946851_670056851_3905786_5983864_n

En by party hoef mens nie eers te kommer oor die ablusiegeriewe nie :-). Kompleet met plastiek afvoerpype en alles.

20932_270165971851_670056851_3905788_6502618_n

Natuurlik moet mens versigtig wees waar jy kamp opslaan want dit gebeur baie dat dit hoog op in die berge reen en dan kom die water sonder waarskuwing by die wadi's af. So 'n wadi besoek is beslis iets wat jy ten minste een keer hier moet doen.

Dankie Edna vir die foto's ek waardeer.