Dit gaan maar op die oomblik lekker dol in die Holloway huishouding met die dat ons duinedorp toe getrek het.
Net soos my www adres se tussen-die-duine, is die plekkie ook behoorlik tussen die duine. Die sand, sand en sand is oppad en dan sien julle die kompleks met die villas en onder is ons een.
Maar die adres kon ook op hierdie stadium tussen-die-bokse gewees het, want alles staan nog om uitgepak te word. Bo links is Charmaine besig om my kombuiskaste te was - dankie vir al jou hulp met die skoonmaak en die aanry van kos en drinkgoed maat, ons waardeer. Die klompe bokse is my studeerkamer wat nog ernstige uitpak moet word en die studeerkamer se lekker venster - die katte is mal oor die sonnetjie wat daar inskyn. Nelmari het ook so af en toe kom help - bo regs.
Miskien as dit eendag uitgesorteer is, wys ek julle hoe dit lyk :-).
Geniet julle week