Sunday, August 10

Lara terug in die dorp


Alhoewel ons lekker vakansie gehou het en die toer na die Bybellande geniet het, het ek baie uitgesien na die kinders se terugwees in die woestyn en ja veral vir Lara :-).  Daar was maar die minimum foto's in die 6 weke wat hulle weg was, en ek het uitgesien om te sien en hoor wat sy nou bygeleer het.  
Page1
So die juffrou het heeldag kom kuier op haar mamma se verjaarsdag en ons het dit vreeslik geniet.  Eers bietjie geswem, maar die water was so warm dat die sweet mens skoon afgeloop het.  
DSC_0167
En daar is baie nuwe woordjies en dinge om te se terwyl die vingertjie wys wat sy bedoel.  
Page2
Sy het onthou van die baba wat huil en was meer as gewillig om die baba te sus totdat hy ophou  huil.  Shhhh het bygekom toe die geskree darem te lank aanhou.  
DSC_0153
Maar gee haar iets wat soos 'n armband en sak lyk, en sy is vinnig reg om tata te se en reg om te shop.  

Page3

Haar aandagspan is goed en sy kan lang tydjies konsentreer en was baie oulik om die bakkies opmekaar te stapel.  
DSC_0217

Koekies en kos is woordjies wat sy goed ken, en haar mamma en pappa doen goed om die regte woorde te gebruik ipv babataal.  Maar noem dit by die naam en sy loop saam totdat sy dit waarvan jy gepraat het kry :-).   
Page4

Tannie Elriza het 'n geskenkie gekoop en sy en Leane het omtrent gesukkel om die wiele vas te kry.  Lara het so half ongeduldig geraak en wou hulle die heeltyd wys waar die wiele moet wees.  Sy was baie bly toe hulle eintlik klaar is met die bou.
DSC_0241

'n Regte klein patroon en dit was so lekker om haar vir 'n hele dag by my te he ... ek hou daar is sommer nog baie sulke dae!






2 comments:

retha said...

Sulke regte ouma aandag kan met niks vervang word nie.

Sandra said...

Ek geniet haar so Retha, sy's baie oulik :-)