Monday, August 18

Kindertyd en speelgoed


Hoe ver kan mens terugdink en onthou wat was jou gunsteling speelgoed toe jy klein was?  Snaaks genoeg ek ontmoet my hondjies waarmee ek in die bad gespeel het, en dan onthou ek my regte troeteldiere, en my boeke en hoe ek graag lego gespeel het ... ander speelgoed is vaag.  Maar ek onthou hoe ons as kinders op ons fietse rondgery het, den's en foefieslide gebou het, paddavissies gevang het en sommer net allerhande ander speletjies buite.  

William het hierdie week kom kuier en deur sy ou speelboks gegaan en dit was nie net vir hom lekker om alles weer te sien nie, maar ook vir my om te sien hoe hy dit onthou :-).  
Page1
Die eerste speelding wat hy uithaal is die lelikste dinasorus handpop wat hy van sy ouma gekry het voordat ons woestyn toe gekom het en vir baie lank 'n groot gunsteling.  En so tussen die lego fase deur het sy mikromasjien fase.  

Page2
Alles is oopgemaak en hy het geweet as die kleinste van stukkies nie daar was nie en het gou-gou gewys waar al die geheime knoppies was wat dinge oop en toe gemaak het .... hierdie klomp klein masjiene van hom is nou waarlik versamelaarsitems. 
DSC_0023
En 'n lego-mannetjie/ding wat gebou is en net so gebere is.

Seker dit was vir hom 'n lekker "speeltyd" so in die ou bokse in.

3 comments:

retha said...

Ons Ethan se speelgoed is nou eers in bokse gepak.
"geweet as die kleinste van stukkies nie daar was nie" sulke geheus is darem wonderlik!

Sandra said...

As hulle jonger is wens mens so die geheue onthou die skoolwerk so goed :-)

retha said...

Jy is reg Sandra. En om daardie glase en koppies na die wasbak te neem. ;o)