Monday, July 21

Petra vroeer bekend as die verlore stad

Om te se dat ons opgewonde was om Petra te besoek is 'n understatement.  So baie kere het ek al foto's van die plek gesien en gedink, dis iets wat ek graag sal wil besoek en nou is ons oppad soontoe...  
Page2
Mens gaan ver soek as jy iewers iets moderns in hierdie geweste wil sien.  Want orals langs die pad, tydens die amper vier uur rit soontoe sien 'n mens oud, woestyn, bedoeine en minder oud.  Maar dis mooi met die verskillende kleure van die berge en woestyn.  
DSC_0316
Die bestuurder stop en wys vir ons die donker berge, dis Petra se hy.  Onder ons bietjie groen, met 'n paar hotelle vir al die toeriste.  
DSC_0358

Voordat ons deur die gangetjie gaan om te sien wat is binne, eers 'n foto met die "hekwagte".  Natuurlik is hulle net daar om geldjie te maak.  Ons ervaar die "bedelaars" eerstehands.  Almal is baie gewillig om te help, vir jou iets te doen of iets te gee en dan kom die woorde, nou kan jy vir my iets gee - net wat jy wil. Maar dit werk ook nie, want as dit nie genoeg is nie, dan staan hulle en wag.  Nodeloos om te se dat ons met hope poskaarte wat "for free" is daar weg is :-).  Om in die hitte tydens Ramadan hier te stap is nie die beste idee nie, dan praat ek nie eers van die ou tannie wat nog onfiks was ook nie, maar die plekke is iets om te sien.  
Page4

Hierdie is foto's van grafte, vir "gewone" mense omdat hulle klein en nie baie versier was nie.  Die theater is van die Nabataean periode en hulle se daar was plek vir tussen 7000-10000 mense.  Dit was gebruik vir feesvieringe.  
DSC_0377

Die "Treasury".  So genoem omdat wanneer die son op dit skyn, dit skyn asof daar goud binne in is.  Vir lank het die mense gedink dit was 'n tempel maar later is uitgevind dat die eintlik die graf van Koning Aritas IV was.   
Page3

In ons toer-studie praat Elriza vandag hoe berge en rotse vir die mense vroeer 'n "veilige" plek was.  Vir ons word God baie keer as 'n rots uitgebeeld omdat Hy vir ons veiligheid is en omdat Hy soos 'n rots "unchaning" is.  In Jesaja 26:4 lees ons "Trust in the Lord always for the Lord God is the eternal Rock".  
DSC_0404
Die royal grafte wat in die Berg Khubta uitgekap is.  Dele van hierdie plek is later ook deur die inwoners van Petra as 'n kerk gebruik.  
Page5

Een dag is nie genoeg om in hierdie stad alles te sien nie, want na 5 uur se stap en kyk is dit tyd om die lang pad terug te vat.  Nota vir myself -  'n plek om weer te besoek, maar liewers nie in die somer nie.  

Baie van hierdie pragtige plekke wat vir mense vroeer jare 'n toevlug en beskerming was, moes restorasie ondergaan omdat dit vervalle raak.  In ons studie vandag, geniet ons om die wonderlike plek te sien en selfs in die Bybel van Petra te lees, en ons weet verseker dat God vir ons beskerming, veilige hawe en plek waar ons kan skuil as daar moeilikheid kom, is en dat Hy nie vervalle raak nie, Hy is altyd daar!     

3 comments:

Cjdusse said...

Soveel geheime en stories om Petra en na al die dekades kan ons die wonder daarvan gaan kyk en beleef. Ek hoop die twee soldate was tevrede met hulle fooitjie! he he!

Sandra said...

Carin ek hoop ook so. Teen daardie tyd het ons 'n oordosis van poskaarte verkope beleef en was ons nie lus vir onderhandeling met die soldate nie :-)

Sandra said...

Carin ek hoop ook so. Teen daardie tyd het ons 'n oordosis van poskaarte verkope beleef en was ons nie lus vir onderhandeling met die soldate nie :-)