Monday, July 28

Berge, sirkels en mooi herinneringe


Ons planne vir die dag word omvergegooi deur 'n missiel van 'n ander land naby se kant en daar is 'n waarskuwing dat mense nie dorpies nader as 40 km van grense besoek nie.  Dis nogal sleg maar ons besluit om solank 'n ander dag se trip te doen en hoop dinge werk uit.  
DSC_0474

Beit She'arim is eerste op die lys en die gids is reg om ons rond te wys.  
Page1

Dis nogal interessant om ook 'n ander sy van die land en sy mense te sien.  Die "grotte" grafte wat oopgegrawe is en Charmaine staan by 'n amfi-teater.  Hulle het darem nie 'n plek gebou sonder een waar hulle kan vergader en kuier nie :-).   
Page2
Die bome en gras saam met die besienswaardighede (dis ook 'n natuurreservaat) maak dit 'n heerlike rustige plek om deur te stap.  Nogal snaaks was een van die geskrifte wat bo op 'n graf geskryf was "Good luck in your resurrection" :-).   
Page3

Volgende stop Mount Carmel waar die gebeure van 1 Konings 18:1-45 plaasvind.  By die monestery op die berg kan mens ver kyk, en al die plekke sien.  Die Kishon Rivier, Vallei van Megigo, ook bekend as die Vallei van Armageddon. 
Page5
Daar is mooi aanwysings en die gids wys ons ook waar is die Jazreel vallei waar die bybel van praat as die plek waar die "armies" gaan bymekaar kom, Mount Tabor, Mount Gilboa waar Koning Saul selfmoord gepleeg het, en die Harod Vallei terwyl sy die stories rondom dit vertel.  
DSC_0513
Ons het al lankal agtergekom dat die mense wil soveel moontlik geld uit die toeriste maak en 'n omie wat ons help met die pad, nooi ons om na hulle olyfbome en weet nie wat alles te kom kyk nie.  Ons stel dit duidelik dat ons nie daar wil eet nie, sy vrou het 'n tuisrestaurant, maar skaars het ons gesit of die voorgeregte word neergesit.  Elriza se nog, ons betaal nie meer as 50 shekel nie, toe se die omie 100 per persoon.  Aan die einde wou hy ook 28% belasting bysit en ekstra omdat hy met ons gepraat het :-).  Een van ons duurste etes op die toer en 'n duur les in om nie almal te vertrou nie. 

Hulle is deel van die Drews geloof en ons leer iets nuuts. MAAR glo my, om van hulle woonbuurt, op die berg af te kom, was erg en ons ry vir omtrent 'n uur in sirkels.  Eintlik dink ek ons het gesorg vir die dorp se vermaak, want ons het hoeveel mense in die nou straatjies 'n paar keer verbygegaan.  As ons stop vir aanwysings, verstaan hulle nie engels nie, maar se met 'n groot glimlag, nex left, then straight, then ask again. En so het ons heen en weer deur die dorp gekry.  Dink daaraan, as elkeen se aanwysings "left" is, dan ry mens in 'n sirkel... oor en oor en oor!

Orals oppad terug is die jongmense van die land besig om aan te meld vir weermag diens, en busse laai honderde jong manne en vroue wat langs die pad in hulle uniforms staan op.  Die land is besig om gereed te maak vir 'n grondaanval.  By die blyplek is hulle ook besig om die bomskuiling reg te maak en toe te rus en ons stem al drie saam, dat ons dalkies ons planne bietjie moet wysig en probeer om nou binne die volgende dag of twee oor die grens te gaan. (Ek verduidelik in die volgende blog hoekom). Met die besluit geneem, begin ons blyplekke kanselleer en nuwes soek, en weet net dit was die regte besluit en iemand groter is in beheer, toe die kansellasies presies op die laaste dag val wat ons dit verniet kan doen sonder om enige geld te verloor - en dit het ons nie voor die tyd geweet nie.  
Page6
Rustiger nadat al ons nuwe planne in plek is, pak ons die laaste dag langs die See van Galilee aan deur die Mount of Beatitudes te besoek.  
Page7
Die plek waar Jesus vir 3 dae gepreek het (Matthews 5-7).  Orals is versies uit Matthews langs die paadjies, dit is so rustig en die uitsig is ongelooflik.  
Page8

By 'n fonteintjie die woorde "Let anyone who thirst come to me and drink...."  Johnannes 7:38 "Anyone who is thirsty may come to me!  Anyone who believes in me may come and drink!  For the Scripture declare;  'Rivers of living water will flow from his heart'"
Page9
Dit was die uitsig van die duisende mense wat na Jesus se bergrede geluister het!  Dis ook die plek waar hy die duisende met 5 broodjies en 2 vissies kos gegee het.  

Die 5 dae wat ons langs die see en omgewing spandeer het, was 'n ongelooflike ervaring en blessings - 'n plek waarnatoe ek beslis weer sal wil terugkom.  



2 comments:

Karen Nieuwoudt said...

Lol alles in Israel is "just a 10 minute walk"
Ons het altyd op donderdae net voor sonsondergang die laaste bus na een van die dorpe gevat en dat vrydae die eerste bus na sonsondergang weer terug Tel Aviv toe. Daar was geen vervoer op vrydae nie en ons moes loop waar ons wou wees. Niemand mag kar bestuur op n Sabbat dag nie (behalwe die Rabbi - die pa van die mense by wie ek gebly en Aupair werk gedoen het - wat skelm na ons huis toe gery het met sy kar en van daar af Sinogoge toe geloop het oor dit nader was). Ons het baie kilometers in sirkels geloop, berge op en af. Dit was n ondervinding

Sandra said...

Ons dink ons was die mense se "vermaak" omdat ons so in sirkels gery het :-). Meeste plekke was wel Vrydag toe, maar ons het hier en daar 'n oop restaurantjie gekry wat darem gehelp het.