Thursday, July 31

Aan alles moet daar 'n einde kom

Aan alle goeie dinge kom ook 'n einde, en dis tyd om terug te ry Amman toe om die volgende dag terug te vlieg, maar eers .....  

Page1_0

'n Besoek aan Mount Nebo.  Dis nogals 'n steil bult van 1000m onder seevlak reg op tot 1000+m bo seevlak en die omgewing verander om elke draai.
DSC_0561

 'n Bietjie bekendheid van waar ons vandaan kom, 'n troppie kamele.
Page2

Mount Nebo waarvan ons lees in Deut 32:48-50.
Page3
Langs opgrawings van 'n ou kerk, is 'n nuwe kerkie in 1933 gebou om Moses se sterfplek te "herdenk". Met die opgrawings is 6 grotte gevind (grafte) waarvan die vloere van mosaiek was.
Page4
In die "museum" is ook heelwat van die opgrawings en mosiaek werk.
DSC_0640

Die "Serpentine Cross" simboliseer Moses se tyd in die wildernis in Num 21:4-9 en die kruis waarop Jesus gekruisig is Joh 3:14.

Page5
Dis hier waar Moses gestaan het en oor die beloofde land uitgekyk het.  Hulle se op 'n helder dag is Jerigo tot sover as Jerusalem sigbaar van hier af.  Wat vir my baie interessant was, was dat afhoewel daar lande is wat maak asof die land aan die anderkant van die Dooie See nie bestaan nie, praat ieder en elk van die Holy Land.  

DSC_0647
Ook 'n besonderse plek om te sien en te ervaar.  Ons ry daarna deur die stad Madaba wat self baie ryk aan geskiedenis is. Baie mosiaek opgrawings is in hierdie dorp gekry toe hulle begin nuwe huise bou het en daar is heelwat mosiaek fabrieke wat deur baie toeriste besoek word hier.  Madaba is ook die dorp in Jordan waar die meeste Christene bly. 

Page6

Ons laaste stop, reg in die middel van die stad is 'n ou Griekse kerkie.  Op die foto onder links sien julle 'n ou kaart van die antieke "Holy Land" en binne in die kerk is daardie kaart in mosaiek gedoen  Die kaart is in 1897 ontdek toe hulle besluit het om 'n kerkie daar te bou en hulle begin uitgrawe vir die fondasie.  Die kaart het al die groot stede van die Heilige Land met Jerusalem reg in die middel as die belangrikste stad.

Madiba die dorp is ten minste 4500 jaar oud en in die Bybelse tyd (Num 21:30) praat hulle van die stad as Medeba.  

Wat 'n einde tot die toer en net  nog meer goed om aan te herkou! 

Ons slaap die aand in Amman om die volgende oggend vroeg terug te vlieg.  Bietjie bekommerd dat hulle gaan vra waar ons was, maar weereens is 'n Groter Hand in beheer van alles.  Ons loop deur paspoortbeheer binne 10 min en ons tasse is onmiddelik beskikbaar!

'n Ongelooflike twee weke!!

4 comments:

Desire Fourie said...

Dis altyd heerlik om julle toere mee te maak. Maar ek was n bietjie bekommerd dat julle so na aan al die onplesierighede was.
Mooi bly
Desíre {Doing Life}

Sandra said...

Dit het ons ook partydae kriewelrig gehad Desire. Hoop dit gaan goed met jou!

retha said...

Moses het die Beloofde land gesien!
Geniet die toer baie, sal ook bietjie meer wil weet van jul studiel.

Sandra said...

Ons ds Elriza het dit geskryf met 'n "roete" en so bietjie geskiedenis ens. vir elke dag gegee.