Hoe deel mens 'n ongelooflike ervaring in een kort blog, tesame met honderde foto's natuurlik? Ek kon dit nie doen nie , dus sal julle maar in twee dele moet lees van wat ons alles beleef en ervaar het op ons besoek aan een van die villages rondom die meer.
Die kamptoerusting, kos en "ouer" mense het die tog met die Pelican aangepak en die jong meisies saam met van die plaaslike sendelinge op die "publieke boot. Hulle is seker goed twee uur voor ons al hawe toe en ons kon hulle nog steeds rondom halfpad village toe verbygaan. Mense hierdie meer is groot en die Gautengers sal dit heelwaarskynlik 'n see noem :-). Die tweede grootste en tweede dieptste varswater meer in die wereld! En die langste in die wereld ..... 'n hele 676 km in lengte en 50 km in breede. Vier lande Burundi, Kongo, Tanzania en Zambia grens aan die meer en vir 'n groot deel van ons rit kon ons geen land aan enige kant sien nie ... so yslik groot is dit.
Ons bootman het later spesiaal vir ons nader aan die kus gaan vaar en kon ons van die verskillende villages sien wat reg langs die meer gebou is. Orals was daar opgewondenheid met die sien van die boot, want die mense is heeltemal bewus van die uitreike en wat daar vir hulle villages gedoen word tydens die besoeke. Hierdie keer was ons deel van 'n besoek aan een van die verste villages.
Van die manne wat vrooer deur is met die boot het ons kamp gaan opslaan en dit was maklik om te sien dis waar ons gaan wees met die tente wat ons ingewag het.
'n Hele tydjie na ons het die meisies aangekom en soos ons is hulle deur die inwoners van die village en veral die kinders welkom geheet. Hulle wou almal net groet en help aandra. Klaar afgepak het ons die hoofman van die village gaan groet en toestemming gevra om die naweek daar te wees en te werk.
Die mense het ons nie verwag nie, en nogtans sonder 'n probleem hulle hutte beskikbaar gemaak sodat ons daar kon kosmaak. Heeltemal in lyn met ons spyskaart ... ons eerste maaltyd in die village .... peanutbutter broodjies :-).
En toe het die kuiers begin. Ons was ampertjies nooit sonder 'n kindjie aan die hand en hulle het orals rondom ons en die meisies gekloek. Net om vir hierdie kinders 'n bietjie aandag te gee en hulle handjies vas te hou, was vir party baie meer as wat hulle by hul huis kry.
Ons het saam met hulle "kerkie" kon worship en daarna in groepies opgedeel en 'n prayerwalk in die village gedoen en vir die naweek gebid. Ek kan nie van die begin van ons naweek vertel sonder om die longdrop te noem nie Op die middelste foto bo, staan Elriza voor hom en dit is glad nie so iets waaraan ons op kampe gewoond was nie. Hierdie was regtig net 'n klein gaatjie in die grond en dit het al ons skill gevat om te bemeester :-). Behalwe vir die konsentreer op die gaatjie en die flitslig en toiletpapier in die hande, moes mens keer om nie op te val nie, want al kan jy jouself met jou hande teen die muur stut, wou jy nie ... want die kakkerlakke was meer as gereed om oor jou hande te hardloop. Gelukkig was ons altyd twee-twee, een moes "wag" hou en was dit 'n groot besprekingspunt deur die hele naweek.
Die dogtertjies op die eiland het nie regtig onderklere nie en dit stel hulle bloot aan verskeie situasies. Op versoek van die stasie was dit een van die goed wat ons saamgebring het, en julle kan nie dink hoeveel vreugde so iets kleins vir hierdie kinders was nie.
Badtyd het vir sy eie ervaring en vermaak gesorg, toe daar met klere en al in die meer gebad moes word. Seep so bo die klere met kindertjies wat selfs in die water rondom jou swem en selfs onder die water gaan terwyl die meisies sukkel om die rompe af te hou :-). En dan terug tent toe met die natklere ... en probeer aantrek met ander mense wat dieselfde wil doen in 'n piepklein tent - terwyl die kinders voor die tentdeure saamdrom en wag vir die besoekers om uit te kom.
Ek het reeds vertel hoe groot die meer is, en dat ons dit gebruik het vir was- en badtyd ... maar dis nie al nie. Die wasgoed word in die meer gewas, daar word in geswem en gespeel ... ons drinkwater is uit die meer geskep en ons het selfs gesien hoe baba boudjies in die meer afgespoel word.
Dit tesame met die skottelgoed wat in die meer gewas is en ons self wat soggens daar tandegeborsel en hare gewas het. En mens wil half nou gril ne? Maar wat is so ongelooflik en weereens net 'n bewys dat ons Pa selfs in die kleinste detail na mense omsien - die water bly silwerskoon. Met al die klein klippies op die meer se bodem (volgens die slim mense was daar 'n volkaan uitbarsting) en teen die walle word die meer water self gesuiwer. Ons het egter vir onsself ook filter waterbottels gebruik.
En saans wanneer dit donker word en die son sak, is die meer die "kantoor" van die villagemans wat uitgaan om vis te vang. En waar onlangs ook 'n nuwe bediening, die floating church ontstaan het. Dit was ook een van die projekte waarvoor ons geld ingesamel het sodat ons vir hulle 'n vissersboot kon koop
.
Toordokters is nog baie sterk teenwoordig in die villages en word daar gereeld 'n offer gemaak, selfs vroue en kinders om te help met die visvangs. Hulle glo dat die vroue en kinders dan onder in die meer die visse sal boontoe jaag. Twee van die vissermanne het tot bekering gekom en het hulle ipv offers begin bid vir hulle vangste. Wanneer die bote saans wag vir die visse om in die net te swem, lees hulle die bybel (hulle maak gebruik van solarpanele om visuele bybel te hoor) en vertel hulle die ander vissermanne van Jesus ... vandaar die naam floating church. In die begin was dit swaar want hulle het gesukkel met die vangste en die ander wat geoffer het, het hulle gespot, maar drie dae later het hulle, net soos in die bybelse tyd, so 'n groot vangs gehad dat hulle kon teruggaan land toe en begin die mense se gespottery ook nou minder raak. Omdat visvang die grootste beroep langs die meer is, kan mens net opgewonde raak oor die moontlikhede as hierdie kerk begin groter en groter uitbrei. Hulle het nog soveel bote nodig om die groot werk te kan doen, bid saam met ons dat hulle nog donasies hiervoor kry.