Ook seker nie heeltemal so nuut nie, dit het in Januarie oopgemaak, maar beslis iets wat die dorp nodig gehad het ... sy eie waterpark. Ek self het nog nie daar gaan kuier nie, maar die kinders het met baie terugvoer en foto's.
Ek hoor die souk is nie so groot soos by ander waterparke in die land nie, maar vir hulle was die park belangriker. Self sal ek nie sommer daar koop nie, want dis lekker duur, maar met die paar winkels en 'n eetplek of drie is jy gehelp deur die dag.
Die waterpret is egter 'n perd van 'n ander kleur want hulle was mal daaroor. 43 verskillende ritte, op 4 verskillende moeilikheids vlakke het beteken dat hulle nie halfpad deur alles gekom het nie, en moet daar weer gegaan word.
Van bo een van die ritte kan mens ver sien. Die rooi dag gebou is die Ferrari World waar die vinnigste rollercoaster ter wereld is en die wit dakkies regs is die Grand Prix baan. Behalwe vir daai stukkie sand wat julle sien, lyk dit soos 'n woestyn?
Nog van die ritte. Al probleem wat mens ondervind is die lang toue want almal wil in die hitte gaan afkoel en wat kan lekkerder as 'n waterpark wees. Maar as jy jou dag goed beplan en daar nie skoolbusse kinders of toeriste is nie, kan dit 'n heerlike dag van pret en plesier wees. Mens kan natuurlik VIP kaartjies ook koop dat jy nie in die rye hoef te staan nie.
Ek sal maar self ook moet gaan kyk hoe dit daar lyk.