Nelmari het met haar kuiertjie hier so graag by die "skewe-gebou" gaan eet het en daar was net nooit 'n geleentheid nie. Dus was dit die regte plek om te eet met my verjaarsdag, al was ons nie voltallig nie.
Die restaurant is in die middel van die gebou, maar tog het ons 'n goeie uitsig op die besige strate van Abu Dhabi gehad.
Met al die lekker reen wat daar heeldag was, was dit gelukkig nie bewolk nie.
Hier kan mens sien hoe nat die paaie is. Dit is 30ste straat wat lekker besig kan raak en as jy met hom afry kom jy tot aan die onderpunt van die eiland by die Cornish uit.
Dankie julle vir die saamkom en al die lekker bederf op die dag, en die Sondagaand! Ons sal weer gaan as William en Nelmari weer hier is :-).