Friday, January 11

Ou Kersdag in die woestyn

Ampertjies is dit alweer 'n maand na Kersfees, kan julle glo.  Eers tel mens die daggies af vir Kersfees en dan skielik is alles oor en die nuwe jaar hardloop weer met 'n stink spoed verder. Kersfees was vanjaar stiller as gewoonlik en het ons lekker ou Kersaand saam met 'n klomp vriende in die woestyn gaan kersliedere sing.  
Page1
 
Eers het ek en my ou karretjie lekker verdwaal om by die regte plek uit te kom, nie eers 'n Gi-pi-S sou werk nie.  Kyk net hoe verdwaal lyk my ou "baluka" op die vlakte :-). 
 
Page3
 
Lekker kampvuur en atmosfeer terwyl Elriza ons begelei met die Kersliedere.  En ja die boetie en sussie wou mekaar voor die tyd amper opeet van liefde :-).  Het net vir William vreeslik gemis, 'n kuier van hom sou 'n goeie en groot kersgeskenk wees.  
DSC_0323
Die ampertjies nuwe mamma en pappa kon so 'n bietjie oefen met vriende se baba.
Page4
 
Na 'n heerlike kuiertjie het ons kersgeskenkies by die huis gaan uitruil en dit lyk asof al die kinders heel tevrede met hulle presentjies was.
 
Sien uit daarna om volgende jaar 'n baba vir Kersfees te he .... dink net aan al die lekker shopping vir haar :-).

5 comments:

Desire Fourie said...

Wat 'n wonderlike manier om ou Kersaand te vier, so tussen die sand en duine met spesiale geselskap.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}

retha said...

Sandra, wat gebeur by die 'rots'? Dit lyk of daar 'n rivier gevloei het.

Sandra said...

Op 'n mooi aand in die woestyn wanneer dit nie te warm is nie, is dit baie mooi daar Desire.

Sandra said...

Retha dis 'n "sandrots" en ek vermoed dat dit die wind is wat dit met die jare so gewaai het.

retha said...

Dit is baie interessant en mooi.