Saturday, January 5

Kersfees kompetisie

Net so voor Kersfees het ons 'n gemmerhuis competitie gehad.  Elkeen sou dele van 'n gemmerhuisie kry en moes self sorg vir die aanmekaar sit en versier.
Page1_0

Party het dadelik begin werk, ander het eers die instruksies gelees en ander het gestaar om te kyk of die huisie nie self aanmekaar kom nie.  
Page2_0

Ons was nie seker hoe dit gaan opbly nie, en blikkies en alles is gebruik nadat die eerste mure aanmekaar gesit is.   
Page3_0

En die versiering het begin.  Elke span met hulle eie idees en planne.  
DSC_0317
Party van ons kon die versoeking van al die lekkers nie weerstaan nie.  
Page4

Die dakke was seker die grootste uitdaging.  Sou dit die druk van die "dakteels", "sneeu" en "liggies" weerstaan?
Page5

En dit het!!!! 
Page6

Die laaste afronding word gedoen en dit het my nogals aan scrapbook laat dink.... Hoe daar ekstra goedjies bykom omdat die prentjie nog nie reg lyk nie. 

Page7

Baie tyd is in klein "detail" gesit en die huisies was nou klaar om beoordeel te word. 

DSC_0361

En ons wenhuisie vir 2012! 

Page1
Die huisies is nie opgeeet nie, eet van hulle het ook na die buurhuis gegaan, maar dit beteken nie daar is nie geproe nie. 
Ons het alreeds groot planne vir die kompetisie vir volgende jaar :-).





4 comments:

Desire Fourie said...

Wat n wonderlike en prettige idee. sien uit om hierdie jaar se huisies te sien.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Ons het dit vreeslik baie geniet Desire. Mooi jaar vir julle in 2013! xx

retha said...

Dit is n oulike idee.
En almal is pragtig! Bewonder die beoordeelaars wat n wenner kon kry!

Past and Present said...

Hi Sandra, Baie Geluk hoor, is lekker om Ouma te wees hoor. Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle daar ver xxx