Wednesday, November 28

Vroue Retreat

Die afgelope naweek het ons die voorreg gehad om vir twee dae lank net stil te raak en tyd met ons Pa te spandeer.  Daar is nogal gesoek na 'n plek waar ons teen 'n billike prys, sonder om moeilikheid te kry oor godsdiens, buite in die natuur stil te raak.
Page3

Die keuse het op 'n ou tradisionele resthouse geval en vir baie van die vroue was dit 'n ondervinding so sonder die "luukshede" wat ons so as vanselfsprekend vat bv. warm storte. sagte matras ens.  Ons kon een vertrek gebruik sonder dat enige locals agterkom wat ons doen en met 'n kerse hier en daar in elke kamer, kon die reuke ook beheer word :-).  

Page1_0


Die Vrydagmiddag was ons eerste sessie van stilraak en dit was heerlik om so tot sonsondergang buite te sit/le en mediteer oor Psalm 23, 42, 63 en 139, om te hoor wat Pa vir ons elkeen wil se.
Page2

Die motel se kombuis is nie meer in werkende toestand nie, en daar is somer so in die kamer se portaal kombuis ingerig en kosgemaak vir die vroue.
Page4

Die aand is daar gescrap oor wie/wat/waar elkeen dink sy op die oomblik is.  
DSC_0487

Na ontbyt die volgende dag is elke vrou met haar kombersie tuin toe vir stilraak.  Vir die wat vir die eerste keer op 'n Stil Retreat was, was die tweede dag bietjie makliker en is alles, selfs middagete in stilte geneem en geniet.  
Page5

Die laaste sessie is daar weer scrap boekmerke gemaak oor wat elkeen "gehoor" het


DSC_0477

Dankie vir elke vrou wat die naweek saam met ons was, dankie vir Elriza wat so mooi na ons Pa geluister het toe sy die naweek studie geskryf het en Dankie Pappa dat ons so 'n geseende tyd saam met U kon deurbring.  Dankie vir U vermoeienis met ons en dat ons kan weet dat U elkeen van ons by die Naam geroep het.


2 comments:

retha said...

One drie het elkeen 'n boek gemaak terwyl ons met vakansie was. My manne het my aanvanklik ge'humour'later 'n groot geheim geraak. Tuis het ons drie aande gesit, lees en gesels oor wat elkeen ervaar en gedink het. Dit mag 'n tradisie word vir ons.

Sandra said...

Dit klink na 'n baie besonderse en lekker tradisie wat begin is Retha