Thursday, July 12

Uit die warm son in die hitte van oorlog

Mens kan ook nie heeldag net in die water boer nie, so daar is besluit om 'n paintball in te kry voordat dit "nog" warmer raak.
DSC_0002
Voor die geveg begin ....

DSC_0005

Die meisies wys hulle is gereed vir die geveg.  Ek hoor hulle het op 'n stadium tydens die "geveg" teen die manne in die hutjie gaan skuil en is toe omsingel en opgeskiet ... nie mooi nie seuns.


DSC_0006

Agter James kan julle nie net die lugverkoelde bane sien nie, maar ook hoe hoog die humiditeit is - dit was na 7 uur die aand.  

Page1

Gewere en toerusting word reggemaak vir die aanslag.

Page2

Dele van die baan.  Die hutjie waar die meisies kon wegsteek ens :-) 

DSC_0051

'n Paar bloukolle later maar nog steeds met glimlagte lyk dit asof hulle dit darem geniet het.




2 comments:

Anonymous said...

Ek sien dis 38C by julle. Hier by ons in Alaska is dit hoog somer en dit word tot 18 C in die dag.
Groete
Freddie Burger

Sandra said...

Welkom hier Freddie.

Ja 38C teen 7:30 in die aand is vir ons nogals koel :-).