Thursday, July 19

Begin en einde van vakansie

Aan alles kom daar ook 'n einde, en dit was tyd vir die twee jongstes om weer terug te gaan SA toe, die universiteit vakansies was verby.  Natuurlik, tot hulle spyt, op die laaste dag onthou ek, daar is nou nie eintlik foto's van die vier saamgeneem nie 
DSC_0087
Samewerking was daar nou nie eintlik nie, en wou hulle soos kleintjies glad nie stilsit nie .... daar is na mekaar "gepoke" en geterg. 

DSC_0093

Na vele oorreding is hulle bereid om te "pose" en dit is wat ek kry.  

Page1

Die kleinste onder die klomp is ook maar lekker rondgegooi en dit het vir klomp foto's gesorg waarop almal se oe toe is van die lag. 
DSC_0104

Ter verskoning aan die "langes"  .... dit moet vir hulle lekker/anders wees om so 'n kortetjie in die huis te he.

DSC_0115

En dan soos kleintjies raak hulle moeg en sit hulle sommer net doodstil dat ek tog maar net die foto geneem kry.

Ek gaan almal saam mis, en hoop dis nie weer jare voordat dit gebeur nie.
map%20namibia%20outjo

Intussen is ek vandag saam met 'n groepie jongmense en tieners oppad vir nog 'n uitreik in Namibia en hier is waar ons die grootste deel van die twee weke gaan spandeer.  Hierdie keer was die beplanning so anders en daar was wonderlike mense wat dinge vir ons en namens ons gereel het daar, maar van hulle vertel ek in latere blogs.
Untitled

Dit is ons logo en boodskap vir die uitreik en behalwe vir die "bou" van 'n kombuisafdak by 'n skooltjie, gaan daar ook baie geleentheid wees vir interaksie met verskillende groepe op die dorp. 

Bid saam met ons dat sal luister en doen soos ons Pa vir ons geleenthede gee om deur ons en in ons te werk.

Liefde 

3 comments:

retha said...

Julle is baie snaaks :o)

Anonymous said...

Op die ou end was die aksiefoto's net soveel mooier en meer pret as die stilsit een. Ag dis lekker om almal bymekaar te wees. Hoop dit gaan gou om voor dit weer gebeur.

Cecile said...

Ai dit ia altyd lekker as n ma haar hele kroos by haar kan he....foto's is pragtig.