Sunday, March 11

Wat volgende? ~ vir die koffiedrinkers

So oor die jare het ek vertel van allerhande nuwe idees wat die ouens vir die kameel uitdink .... Dit het gewissel van skoonheidskompetisies tot produkte. Daar was die kameelmelkskommel, kameelsjokolade en nou ........

3512270736

'n Kafee in Dubai wat spesialiseer in kameelmelk-cappachino's, lattee, kameeltee, kameelsmoothies en natuurlik ook melkskommels!

Daar word gereeld vertel hoe goed kameelmelk nou eintlik vir mens is, van laag in vet tot ryk in vitamines wat help vir die bene en "anti-ageing" soos hulle dit adverteer :-).

Met die Arabiere wat so dood oor koffie en kamele, kan hierdie winkels 'n klein goudmyntjie word. En natuurlik 'n geleentheid vir besoekers om die produk te proe.

Ekself is nie so gemaklik met die drink van kameelmelk in enige vorm op hierdie stadium nie.

Sal maar net normaalweg moet oudword sonder om die melk te gebruik :-)

10 comments:

Past and Present said...

Ek stem saam met jou oor die melk storie. Bok melk sal ek nog drink.

Hi en daar sien ek jou op my visitor's map hie hie wou nog vir jou waai.

Groete uit OZ
Rina

Desire Fourie said...

Mmmm ... self 'n koffie-lis, weet ek darem nie so mooi oor die kameelmelk idee nie, maar eks seker dit kan nie te sleg proe nie.
Mooi bly
Desire

retha said...

O my goeiste. Gelukkig het ons koeie hier, weet darem nie wat ek sou doen as die perd hier was wat die kameel daar is nie.
Dan eerder die nagemaakte melk.

Malome said...

Ek het nie eens geweet jy kan die melk drink nie. Ek sal dit beslis ook n mis gee.

Sandra said...

Hallo hier van die woestyn daar na die Aussie wereld toe Rina :-). Hulle se dit is 'n soetmelk.

Ja, jy sal braaf wees om dit te proe Desire. Sal vir jou volgende keer 'n kameel-skommel moet saambring :-)

Sandra said...

Retha die kameel is baie belangrik hier jong so dis eintlik rykmansmelk :-)

Malome ek wonder nou net skielik, dink jy ons het dit teen die feit dat dit kameelmelk is, of net omdat dit iets is wat ons nie ken nie. Sal nog steeds moeilik daaraan sluk

Anonymous said...

Jiggggg... :-)

Sandra said...

Stem :-)

Anonymous said...

Is melk nie maar melk nie???
Moet die waarheid vertel - ek drink maar baie min melk!! Nou praat ek van beesmelk.

Anonymous said...

Is melk nie maar melk nie???
Moet die waarheid vertel - ek drink maar baie min melk!! Nou praat ek van beesmelk.