Wednesday, March 21

'n Anderkant van die woestyn

Nog steeds besig om deur die ou foto's te werk en behalwe vir die vele kampe langs die see, was in die wadi's ry ook hoog bo-op die lys. Soos in die woestyn ry, was dit ook een van die mans se speletjies waar hulle die motors bietjie deur al die terreine kan toets. In een van my vorige blogs hier vertel ek bietjie meer oor wat 'n wadi is en hoe dit daar lyk. Op hierdie trippie was die kinders beloof dat hulle bietjie kan gaan swem - natuurlik dat hulle kon stilsit tydens die 4x4 speletjies.

img363

Daar word in die droe rivierloop opgery opsoek na water.

Page2

Dis moeilik om te dink dat mens iewers kan gaan swem so tydens die stop vir middagete want dit lyk maar klipperig en droog. William en sy maatjie Marnus is egter reg ingeval die water kom terwyl Nelmari bietjie nader kennis maak met 'n bok.

img372

Tot groot vermaak van die volwassenes in die motor is William heeltemal "gesnorkel" en reg vir die water in die berg - ons het mos belowe hulle sal kan swem.

Page1

En wanneer die water gekry word is dit eers speeltyd vir die motors en hul eienaars.

img364

En nou lyk die piekniek plek nie meer so droog en klipperig nie.

Page3

En uiteindelik kan daar geswem word!

8 comments:

retha said...

Lyk of William darem sy snorkel 'n bietjie kon gebruik.
As nie vir water nie dan sekerlik vir stof. :o)))

Desire Fourie said...

Kan nie glo die kinders is al so groot nie, hulle is nog so klein hier. Het nou lekker gelag vir die snorkel gereeld in die dorre woestyn, maar gelukkig was daar darem water in die vooruitsig.
Mooi bly
Desire

Anonymous said...

Wonderlik hoeveel water daar tog in die woestyn is!

Pa-tussen-die-driewiel-Taxis said...

Mense, maar dit was lank gelede en lekker tye!
Ek wonder of daai 6/8 kinders weet hoe gelukkig hulle was om so groot te word en die ou landjie te kon verken voordat alles onder hotele en malls toegebou is?

Anonymous said...

Baie mooi blog. So bly ek het hom ontdek!

Sandra said...

Retha, William sou dit gebruik het of daar nou water was of nie :-)

Desire hulle het so vinnig groot geword

Sandra said...

Toortsie hier is baie water wat mens nie met die blote oog kan sien nie en dit reen nogal in die berge...dan kom daai water met 'n spoed af in die wadi's en vloed alles

Sandra said...

Dankie vir die inloer hier Maryke, kom kuier gerus weer.