Wednesday, February 15

Terug na ons kinderdae – groot pret

Laas het ek nog vertel dat ons vreeslik lekker gekuier tydens die reunie ...

Page1_0

Orals was daar groepies besig om op te vang en stories van jare terug te deel. En natuurlik het almal uitgesien na die "item" wat die tannies weer beplan het.

Page9

Hierdie keer het hul van die ander ingetrek en het ons geluister na stories van Dr Wollie en die suster wat "naby" was toe die Viljoen babatjies gebore is.

Page11

Alhoewel hulle 'n "script" gehad het, word die item uit hul kop gedoen en getrou aan die tradisie het hulle almal laat le van die lag.

En deel van hulle "item" was ons ons klomp te laat deelneem aan boeresport :-).

Page1_1

Oud en jonk - en hier moet ek nou praat van tussen 40 - 75 het deelgeneem aan die sakresie.

Page4_1

En 'n bietjie skelm wees was ook aan die orde van die dag. Die jonger een "64" moes 'n voordeel kry. Die ouer tannies was baie baie oulik.

Page5_1

Eier-in-die-lepel was volgende en die oom wys hoe mens dit eintlik doen.

Page7

Almal het so lekker deelgeneem en was groot sports. Die tannies is sommer 'n groot voorbeeld vir ons almal!

Was baie lekker om weer met almal op te vang en daar word al klaar gedink aan 'n tema vir volgende keer .... weet nog net nie wanneer nie!

6 comments:

retha said...

Ek weet niks van plaas af nie, vir my lyk daardie sakke spesiaal gemaak vir die resies.
Kan sien jul het groot pret gehad.

Desire Fourie said...

Ai het ek nou lekker gelag vir die sakresies and eier in die lepel resies. Ons het dit nog op skool laas gedoen toe ek in Sub A was. Dis wonderlik dat almal nog bokke vir sports is. Julle is geseend om deel te wees van so 'n besonderse familie.
Mooi bly
Desire

Home Tutor said...

Lyk na baie groot pret!

Sandra said...

Retha ek wens ek kon die sakke Abu Dhabi toe bring om hier met die kinders te gebruik - dit sou so lekker wees

Sandra said...

Desire die "ouer" mense was beslis meer van 'n sports as ons "jonger-oueres" :-)

Sandra said...

Welkom terug Miekie :-)