Wednesday, January 4

Kersfees en gesegtes

Die Nuwe Jaar het al klaar begin aanstap en ek kry nou eers kans om bietjie Kersfoto's op te sit. Dit was maar vanjaar 'n "stil" Kersfees op die familiefront, omrede Nelmari eers einde Januarie in SA moet wees vir universiteit, kon ons nie Desember en Januarie SA toe nie. Maar gelukkig vir ons familie-in-Christus wat ook sonder familie was, was hierdie Kersfees ook spesiaal.


Page1


Ou Kersaand is daar by ons huis heerlik Kersliedere gesing olv Elriza met Nelmari wat die boodskap gelees het. Sommer 'n hele klompie mense het opgedaag om saam Sy geboorte te herdenk.

Page2


Agterna was daar bietjie gekuier voordat elkeen na sy eie huis is vir geskenkies uitruil. Nelmari en Elriza het besluit dat aangesien ons min is vanjaar moet ons vir mekaar klomp klein geskenkies koop ~ hulle wou nie die boom laat leeg lyk nie :-) en ek vermoed hulle het nie gedink dat die boom so sou lyk nie.

Page3


Elriza se kat, Zibi (opgetel uit die vuilgoeddrom) was in sy element en het behoorlike inspeksie gehou van al die geskenkies onder die boom en vir groot vermaak gesorg.

Nelmari geniet sy spelery.

Page4

Toe die geskenkie oopmaak nie dadelik wil begin nie, het hy vinnig begin om te help.

Page5


Elke klein (en party groot) geskenkie word oopgemaak en geniet.


Page6


Toe die katte so speel tussen die papiere na die tyd het ek gewonder waar die gesegte "xmas-kat" vandaan kom.


Nou vir die nuwe jaar, nuwe uitdagings en nuwe dinge!

6 comments:

retha said...

Groot konsentrasie om daai geskenke oop te kry.

Charmaine said...

Dit was 'n baie spesiale kersfees. Ek sal dit altyd onthou en koester

Nimsi se Blog said...

Nou baie lekker hier by jou gekuier Sandra.

Sandra said...

Omtrent Retha, mens moet dit stadig doen ook :-)

Sandra said...

Die meeste geskenke wat ek in 'n langtyd onder 'n kersboom gesien het maat

Sandra said...

Lekker om jou weer hier te he Nims :-)