Saturday, January 21

Einde van ‘n woestyn era …. vir nou

En so het die maande na skool verbygevlieg en is dit eintlik tyd vir Nelmari om universiteit aan te durf. Die laaste week of so was alles "vir die laaste keer" hier in Abu Dhabi, maar ek is seker om kuiertjies sal partygoedjies seker herhaal word. Dit gaan dol in die huishouding op die oomblik met die laaste kuiken wat die nes verlaat met die grootste "probleem" seker hoe kry mens alles in SA met net 56 kg (dis natuurlik my tasgewig ingereken - ek mag darem 3 goedjies saamneem). En as mens dink dis 'n probleem, dan moet mens onthou dat die plaaslike vlugte tussen Jhb en Kpst net 40 kg is :-). Ek het weereens geleer dit help niks om mens vandag oor more se probleme te kommer nie en viola die gewig het uitgesorteer en ons is binne die toelaatbare gewig vir die een vlug en met 'n "bonus" selfs binne die tweede gewig se grens.


DSC_0008


Baie van Nelmari se "laastes" vir nou was shopping en koffiedrink by plekke en mense groet .... maar kayk waaroor ek al so baie geblog het, was een van die doen goeters. Nelmari ek hoop dat jy die nuwe jaar met net soveel vasberadenheid gaan aanpak soos wat dit lyk jy die kayak-vaart gedoen het ... jy gaan baie dae ernstig moet vasbyt.


DSC_0015


Daar gaan sommer baie nuwe maats gemaak word in die volgende paar jaar op universiteit en miskien kan jy selfs daar 'n bietjie gaan kayak, alhoewel ek twyfel of dit op sulke see sal wees (die betrokke dag was die see nogal "rof").


DSC_0026


En met alles gaan daar op- en aftye wees!


DSC_0008


Onthou jou getuienis wat jy nou die aand gelewer het ... selfs in die kleinste dingetjie is daar net Een op wie jy kan vertrou in alles wat jy doen en aanpak.


Page1


Jy het in 'n moslemland jou geloof in en jou afhanklikheid van God voor getuienis verklaar en nou is dit tyd om dit ook in 'n ander land te gaan uitleef! Ons gaan jou hier mis sussie, maar ek is ook opgewonde vir jou en met jou oor al die uitdagings wat vir jou voorle!


Lief vir jou


3 comments:

retha said...

Hopelik sal sy ons ook so nou en dan op hoogte bring van haar doen en late.
Sterkte vir jou! Dit nou nie net met die tasse nie.

Anonymous said...

Mag my Mart en jou Nelmari se paaie kruis... wie weet???

Sandra said...

Ek hoop ook so Retha :-).

Ten minste het hulle nou ontmoet, so paaie kruis kan makliker wees Toortsie :-)