Wednesday, May 4

Hoe Internasionaal kan mens wees?

Met Nelmari wat nou besig is met haar Graad 12 IB eksamen is daar vir ons seker baie goed wat laastes is en daar sal baie "onthou jy's" wees. Vroeer hierdie maand het die skool weer hulle internasionale aand gehou en was ek daar vir die laaste keer as ouer van 'n skoolgaande kind. Ek wonder of sy besef hoe geseend sy is/was om haar hele skoolloopbaan van KG (kindergarten) tot Gr 12 in dieselfde skool te wees. 'n Skool was deesdae uit sy nate uit groei met net meer as 20 kinders in die laerskool in 'n klas terwyl Nelmari se grootste klas vanjaar Biologie IB met 15 leerlinge en die kleinste een Wiskunde IB met 2 leerlinge was.


Page1


Elk geval die Internasionale Aand probeer om die 72 Nasionaliteite wat in die skool is kans gee om bietjie hulle lande "af te show". Almal is betrokke en die kleintjies help met die mannetjies wat hulle in landskleure inkleur en natuurlik was die hoof vasvatter van die aand nie verniet in 'n Springbok hempie nie - wat sal hulle sonder ons Saffers doen.


Page2


Studente van verskillende lande het gedans, gesing en gedigte voorgedra van hulle land.


Page3


Alles was so kleurvol en die kinders het regtig hard geoefen. Dis vir my so goed dat die skool die kinders aanmoedig om nie te vergeet waarvandaan hulle kom nie.


DSC_0089


Die saal was gepak met al die ouers wat kom ondersteun het. Vroeer jare kon die twee seuns nie eers 'n konsert van Nelmari bywoon nie - omdat seuns en dogters geskei was - en nou al is die skool nog geskei, is buitemuurse aktiwiteite ampertjies "normaal".


Page5


Na die konsert is daar 'n modeparade gehou waar verskillende lande se tradisionele kleredrag gewys is. Het julle geweet dat SA se nasionale drag in die buiteland 'n Springbok rugbytrui is? :-)



Page6


Die klere is baie kleurvol en almal was baie trots op hulle lande se uitrusting.


Page7


'n Klomp kinders het aan die modeparade deelgeneem en dit was/is 'n groot gunsteling by die gehoor elke jaar. Maar nog was dit nie die einde van die aand nie en almal is buitentoe ...


Page8


Lande het stalletjies buite opgesit met tradisionele kosse en almal kon vat en proe want dit was natuurlik verniet :-). Daar was ook vlae en dinge wat spesiaal van die land is. Soos altyd was die SA stalletjie baie gewild met al die lekker kosse en het ons Saffers ook daar rondgedrom om biltong, malvapoeding, bobotie, vetkoek en maalvleis, melktert, fizzers en boerewors te eet.

Internasionale aand ja, maar met 'n lekker Saffer hart!


5 comments:

Charmaine said...

Dit was baie lekker om die afgelope paar jaar die Internasionale aande by te woon en op so hoogtepunt af te sluit.

Sandra said...

Ja maat jy het ook die "groei" van die Internasionale Aand gesien :-)

Sonja said...

Dit moet baie leersaam wees vir die kinders om van so baie kulture te leer op die regte manier waar elkeen se identiteit gerespekteer word. Ek dink dit is baie uniek. HIer by ons forseer hulle mekaar se sienswyses op ander af, ek dink hulle kan kom leer daar!

Sandra said...

Ek dink dit is Sonja en die kinders leer om ander te respekteer vir wie hulle is en nie vir wat hulle is nie. Dis vir my altyd interessant om te sien hoe kinders van lande wat gedurig in "oorlog" met mekaar is, met mekaar kan klaarkom.

Anonymous said...

Sjoe, dit moes fantasties wees!