Saturday, April 16

Honde-ratzi dag

As iemand vir my 'n klompie jare terug gese het dat daar hondeskoue in Abu Dhabi gaan wees, sou ek hulle beslis nie geglo het nie. Die plaaslike mense het behalwe hulle valke, kamele en perde geen maar geen idee hoe om rondom troeteldiere op te tree nie.


Page2


So na kerk is daar besluit om bietjie te gaan inloer by die skou en om sommer Charmaine se twee brakkies, in te skryf. Die twee dogters het die honde vinnig deur die water gesleep, naels geknip en gepamperlang.


Page1


Die borsel gedeelte het hulle baie geniet en ek was beindruk dat hulle selfs "honde cologne" in die huis het. En toe is dit tyd om die ander brakke .... skuus honde van die dorp te gaan aandurf.


Page3


Almal wat honde het in die dorp was daar dink ek en na die twee honde soos tipiese chihuahau hulle doodgebewe het, het hulle begin aanpas tussen die ander en die buitelug wat weens 'n windjie nie so warm was nie, te geniet.


Page6


Terug na die plaaslike inwoners van die land en 'n paar ander expat nasionaliteite .... om diere vas te hou en liefde te gee is iets wat nie in hulle kultuur is/was nie. Dit was nog altyd vir my baie sleg om te sien hoe honde en katte afgeknou en seergemaak is omdat hulle (dis nou die mense) nie van beter weet nie. Die klein hondjies het vir baie pret gesorg en selfs die chauhuahuas het ander selfde-maatjies ontmoet.


Page4


Honde van alle groottes en vorms het begin opdaag en met diere-mal kinders is daar sommer baie ge oooooo en ge aaaaaaaahh.


Page7


Die blou oog husky was beslis een van my gunstelinge. Die honde was van orals, britte, skotte, franse en selfs 'n bloubul-ondersteuner van SA (foto links onder). Die arme hond.


Page5


En alhoewel ek nie daarvan foto's geneem het nie, is daar beslis baie honde en hulle eienaars wat na mekaar begin lyk. Is die ou onder regs nie verskriklik mooi van lelik nie?


DSC_0068


Die K9's het honde wat vir aanneming is saamgebring en hulle het almal sulke "adopt me" bordjies gedra. Dis moeilik om nie sommer een of twee huistoe te neem nie.


DSC_0093


Natuurlik het die meisies by die hokke van die baba aanneem hondjies gekuier. Op hierdie stadium het ek en Charmaine die twee honde opgepas en tot die ontdekking gekom die honde se gewildheid het net 'n bietjie met hulle oulikheid te doen, die meisies was ook deel van die aantrekkingskrag ..... want toe ons twee ou tannies die honde vashou het niemand met die honde kom speel nie :-).


Page10


Die polisie honde het ook 'n vertoning gegee en ek het gewonder hoeveel geleenthede hulle in die dorp kry om 'n dief so aan te val.


Page9


En toe was dit tyd vir die kompetisie wat volgens my nie regtig een was nie, want daar is nie regtig 'n regverdige manier hoe om klein en groot honde van verskillende ras en groottes teen mekaar te laat meeding nie. En natuurlik het die borge se honde gewen.


Page8


En natuurlik was die cologne reuk teen daardie tyd weg en die geborselde hare deurmekaar gewaai deur die wind. Maar dit was 'n heerlike dag om so buite te kan wees en die honde en ons was lekker op en moeg van al die opwinding.


Julle ouens moet lekker naweek hou!


5 comments:

retha said...

Wonder of dit 'n Suid-Afrikaner polisieman is wat daardie honde geleer het.
Veral met daardie luggie lyk dit of dit 'n aangename tyd was vir almal.

Sandra said...

Jy het dalkies 'n punt daar beet Retha :-)
'n Koel windjie is altyd lekker hier in die woestyn.

Charmaine said...

Dit was 'n heerlike dag. Dankie vir julle saamspeel en saam geniet en ek dink my honde was die heel mooiste en beste op die skou, en daar was BAIE oulike en pragtige honde. En ek hoop al die honde wat aangeneem moes word is aangeneem..

nikita said...

Dit lyk te heerlik en al die soorte honde lyk almal oulik en goed versorg. Ek onthou nog hoe die Polisie by ons skool [toe ek op skool was] 'n optrede[vertoning] gegee het oor wat hul met die honde doen en hoe die honde gebruik word. Hulle was goed gewees - hoop dis nog die geval.

Sandra said...

Ek dink ook hulle is oulik maat. Nou moet ons net aan die "gehoorsaamheid" en "bly uit die verf" werk vir die volgende skou :-)

Ek onthou ook die polisiehonde en hulle was uitstekend Nikita. Ek neem aan die honde-eenheid is nog op standaard, al wat ek nou sien is die snufhonde op die lughawe