Monday, February 7

Wind waai alles skoon

As julle gedink het die groen in SA het my heeltemal "gevang" tydens die paar kuierdaggies, dan is julle verkeerd WANT soos altyd is daar net een spesifieke plek wat my laat voel soos huis en dis Bloubergstrand. Die rede ?

DSC_0063

Die see, berg, vars lug, branders en alles saam op een plek. En met my een daggie van rondloop was 'n bonus, die wind ook ingegooi. Ja ek weet die Gautengers dink nie veel van die Kaapse dr nie, maar om so langs die see te sit en stap as mens dit nie het nie, is dit groot lekkerte.

Page1

Die seeperdjies het behoorlik gekattemaai in die wind en vir ander soos die branderplankryers en windsurfers, was dit 'n heerlike dag om uit te gaan op die see en die mooi blou lug was propvol kleur.

DSC_0081

Snaaks hier het die wind net soos in die woestyn by ons gewaai, en alhoewel die sand ook ernstig rondgewaai het, was dit lug nog skoon en nie so vol sand soos dit hier kan lyk nie. As daar wind-werkswinkels was, kon die Abu Dhabi wind gerus daar in die Kaap gaan klasse loop het.

DSC_0071

Met Ons Huisie wat defnitief vir my altyd 'n "moet" is, kon mens darem bietjie uitkyk oor die seevoels wat wees die wind maar op die grond gebly het.

Page2

Daar was nogal 'n lekker atmosfeer in die klein baaitjie met die studente wat die jaarlikse Akkerjol aan almal met baie oorspronklike segoed probeer verkoop het en die skolier van die private skool of Melkbosstrand wat met oorspronklike baniere tussen die twee dorpe langs die see gestap het om geld in te samel.

DSC_0076

Ai hier tussen die rotse en strand het ons as kinders ook baie gespeel en vissies gevang.

Een dag was nie genoeg nie, maar ten minste kon mens die regte see-batterye 'n bietjie laai tot 'n volgende keer.

Lekker bly!

9 comments:

Thea said...

O maar die verskillende skakerings van blou is pragtig!! Danksy jou, is Ons Huisie ook nou elke keer op ons program as ons die Kaap besoek.

Ons seun bly op die oomblik in Table View en is dus so 3 km van Bloubergstrand af. Hy gaan gereeld strand toe en geniet die Kaap verskriklik baie! Ons gaan juis in April weer bietjie Kaap toe vir 'n week.

Desia said...

My hart verlang...

Sandra said...

Ag lekker en as jy April gaan kuier dan eet jy iets lekkers tradisioneel namens my ook ne Thea?

Ek verstaan Desia....
(Dit nog so koud daar by julle?)

retha said...

Ek is baie duisende kilimeters nader as julle Desia en Sandra, ek sit ook hier en wens ek was eerder daar. Die Dr. ingesluit.

Sandra said...

Was julle nie nou onlangs ook daar nie Retha?

Jan and Miekie said...

Dankie vir die fotos - dit sĂȘ behoorlik "Kom, Kom!" Die Kaap is sooo mooi - ek is baie lus vir 'n Kaapse draai, maar ek dink nie dis hierdie jaar vir ons beskore nie!

Sandra said...

Daar is baie mooi plekke in die wereld Miekie maar vir my is die Kaap die mooiste :-)

Sonja said...

Ai dit is die mooiste foto's. Ek het altyd gewens ek bly in die Kaap, dit is die mooiste plek in ons land!

Sandra said...

Dankie Sonja jy kry 'n sterretjie vir dit :-). JA ek stem saam met jou