So 'n week terug het ek die wonderlike voorreg gehad om saam met 'n klomp pragtige jongmense op 'n "retreat" te gaan. Wat is 'n retreat? Ek sou se die geleentheid om van alles wat rondom en met jou gebeur "weg te breuk" en 'n bietjie in stilte by Pa se voete te gaan sit om te hoor watter planne Hy vir jou het en weer net bietjie tyd saam met Hom sonder onderbreuking te spandeer. En dit is presies wat ons gedurende die naweek gedoen het.
Ons tema vir die naweek het gekom van Hosea 2:14 "Therefore I am now going to lead her into the desert, and speak tenderly to her". En die hele naweek is ons daaraan herinner dat God ons 'n die woestyn inneem, nie om ons te laat ly nie, maar om ons nuut te maak en ons verhouding met Hom te hernu.
Die Vrydagmiddag met die opslaan van die tente was daar groot pret, soos net 'n klomp vrouens kan wees wanneer hulle hul eie tent moet opslaan. En natuurlik terwyl die jongmense moes aanwysings lees en sukkel, het die ou tannies se tente al gestaan .... En hoekom?
Kyk net ......
Daar is lekker geeet voordat die eerste sessie aangebreek het.
Elkeen van ons 'n foto wat iets van 'n woestyn uitbeeld gekry. Ons moes dmv 'n scrapboek prent probeer uitbeeld waar en hoe ons in daardie prentjie is. En spesifiek waar ons verhouding met God, in daardie prentjie uitgebeeld kan word. Vir 'n lang tydjie het almal net na hulle foto gestaar en hulself daarin probeer sien voordat die tafel met scrapgoed aangeval is.
Gou-gou was almal besig met hulle prent en is daar baie gelag en gesels.
Maar hoe later hoe stiller het dit geraak soos daar gedink is en skrif in die Bybel opgesoek is. (Een van die honde het ons ook aangeneem en is "Hoover" gedoop omdat hy reg was om enigiets op te eet wat op die grond val - hy het die rustigheid om die tafel geniet)
Die scrapblaaie wat vertel van ons plek in die woestyn en waar God ons wil sien.
Die volgende sessie was rondom die kampvuur
Wonderlike gesprekke met mekaar hier gehad. Hoe Vader na die Israeliette in die woestyn gekyk het en hoe Hy hulle nooit gelos het nie en vir hulle gesorg het. Ons het ook gepraat oor hoe maklik ons God met "dinge" vervang alhoewel Hy altyd daar is vir ons. Daarna is daar bietjie gesing. Alhoewel die jongklomp geweet het hulle moet vroeg opstaan die volgende oggend, is daar nog tot half drie gekuier en fliek gekyk.
Die volgende oggend het Vader ons bederf met 'n wonderlike sonsopkom in die woestyn en het ons gesien dat om "in die woestyn te wees" ook baie mooi is.
Vier van die meisies het gaan perdry om nog meer die woestyn te voel.
Ek was nou wel nie saam op die perde nie, maar hierdie "groen en lewe" in die woestyn was vir my 'n mooi boodskap.
Voor ontbyt is die tente vinnig afgeslaan en ek moes net hierdie foto's wys. Die twee het hulle tent kon afslaan tot op 'n punt en toe hy nie wil verder vou nie, agtergekom daar is nog iets binne-in. Kyk net .... 'n stoel!
Die tent wat so vinnig opslaan het nogal skill nodig om af te slaan en die twee het baie geoefen om sover te kan kom.
Die bokkies het ook gekom vir 'n bietjie aandag en koppie krap.
Die laaste sessie was 'n 5uur een waar ons 'n tyd van stilte gehou het. Daar is glad nie gedurende die tyd gepraat nie en selfs middagete is in stilte geniet. Elkeen het 'n plekkie gekry waar ons tyd in die Woord en saam met God deurgebring het.
Wat 'n wonderlike geseende tyd. Sien al klaar uit na die volgende een.
Julle moet 'n wonderlike week he
6 comments:
Baie mooi son opkoms!
Seker daar was 'n paar wat dit moeilik gevind het om vir 5 ure stil te wees.
Dis wonderlik, En ek dink veral die 5 uur van stilte. Net om jouself af te sonder en daai tyd aan jouself en God spandeer. Sonder onderbrekings.
Die sonopkoms hier in die woestyn het nogal sy eie bekoring Retha. Party het bietjie gesukkel met die stilbly, maar nie te erg nie :-).
Dit is wonderlik Cecile, en die tyd was eintlik te min.
Dit klink sommer regtig lekker!Julle scrapbook prente is pragtig!
Dankie Sonja! Ja dit was regtig 'n heerlike naweek.
Ons moet gou weer so maak. Dis was wonderlik
Post a Comment