Thursday, February 10

September in Februarie

Dis nou September hier in ons Februarie as mens die dol tyd wil probeer verduidelik. Die dag waarop ek teruggekom het van SA, is ook die dag wat Nelmari met haar rekordeksamen begin het en dit beteken net een ding, die skooljaar vir haar en skool is nou ampertjies klaar.

DSC_0032

En na twee weke van eksamen was dit tyd vir die neem van die "graduation" foto's en wat 'n ding is dit nie. Griet dis amper erger as om 'n rok vir die prom (matriekafskeid) te kry want net vir die fotonemery moet daar 'n rok wees - wat niemand kan sien nie want hulle dra die jas. EN natuurlik met 'n rok kom skoene want dit gaan ten minste uitsteek op die foto. Daar gaan seker nou ernstig gesoek word na 'n ander rok wat weereens onder 'n rok gaan wees vir die amptelike graduation begin Junie. Hier het van die meisies 'n net 'n bietjie pret tussen die foto sessie.

DSC_0080

Nelmari het ook nog nie opgehou met sport nie en met geen oefening tussen die eksamens deur nie, het hulle hul aartsvyand van jare aangedurf. Vir julle wat die blog volg sal weet dat vandat ek begin vertel het van die kinders se sport, hulle nog nie vir ACS kon wen nie, al probeer hulle hoe hard en al speel hulle beter.

DSC_0089

Hierdie keer was die planne gemaak en sou dit nie lekker wees om jou Graad 12 jaar af te sluit met 'n wen nie. Na die eerste kwart is die telling 6 - 6 en na die eerste helfde loop ons voor 20 - 12.

DSC_0093

'n Mens se lengte kom nogal handig te pas. Die derde kwart eindig met ons wat 18 - 25 voorloop.

DSC_0108

Die gedugte verdediging van die drie Suid-Afrikaners in die span het dit nie maklik vir die kompetisie gemaak nie.

DSC_0120

En na al die harde speel is dit moeilik om die vreugde te keer - uiteindelik sit ons die Viper ore aan! Nie 'n weghol oorwinning nie maar 32 - 27 is nie te sleg nie.

Baie geluk Lions! Wat se jy William?

Go Lions!

12 comments:

Will said...

Wow sis good job!!! Was it the last game in lion colers?

Sandra said...

Hulle speel nog 'n paar wedstryde en toernooie voordat hulle Oman toe gaan in Maart vir ISAC seun

Nelmari said...

It may not be the last game but the last season :(
Probably the last time I am on a basketball team too, so we are shooting for 3 in a row ISAC wins!

Sandra said...

Jy sal maar in SA moet begin netbal speel sussie - ek dink dis baie lekkerder as basketbal :-)

retha said...

Sterkte met daardie 3-in-a-row, Nelmari.
Ook Korfbal, speel mense dit nog in SA, Sandra? Vra sy wat hier sit.

Sonja said...

Baie geluk Nelmarie! Ek hou van daai eerste foto!

Sandra said...

Jy sal vir my moet se Retha :-), maar ja dis ook 'n opsie. Sy sal moet kyk wat daar in Stellenbosch gebeur.

Sy kan ook nie stilstaan sonder om haar hande te beweeg nie Sonja :-)

Thea said...

Baie geluk met julle oorwinning Nelmari en jy moet jou laaste seisoen geniet!!

Wanneer skryf hulle eindeksamen Sandra?

Sandra said...

Thea sy begin 3 Mei met haar eindeksamen en teen einde Mei is alles verby :-)

Thea said...

Sjoe maar dis gou!! Dan het sy dus die res van die jaar vry voor sy volgende jaar by Stellenbosch begin swot?!

Sandra said...

Ons sal seker middel van die jaar in SA wees vir 'n tydjie om die aansoeke ens. uit te sorteer, en daarna sal ons maar iets moet soek om haar positief besig te hou :-) Thea.

Thea said...

Dit klink baie opwindend! Sy sien seker baie uit daarna!!