Sunday, February 13

Braaivleis, Biltong en ander goed

Ek dink een van die lekkerste "voordele" om so met kinders en jongmense te werk, is die wonderlike mense wat mens so ontmoet en leer ken. Gedurende die naweek het ons die geleentheid gehad om saam met 'n klomp Suid-Afrikaanse jongmense van die Logos Hope boot te kuier.

DSC_0033

Vir 'n verandering was dit windstil en selfs effens koel en kon ons lekker in ons kompleks saam met hulle en van ons jongmense hier in die dorp braai. Ek sal later nog meer van die boot vertel, maar hierdie jongmense "commit" hulself tot 2 jaar diens sonder salaris. Meeste van hulle se kerke by die huis dra hulle koste.

DSC_0072

Nou nie my gunsteling nie, maar dit het verseker die ouens van die boot se aand gemaak, pap en sous .... alhoewel die biltong voor die tyd ook soos ysblokkies in die somer hier verdwyn het.

DSC_0085

Leane skep ook. Alhoewel ons hulle bietjie probeer "treat" het met eg Suid-Afrikaanse braaivleis, was hulle ook dankbaar vir net die geleentheid om van die boot te kom en bietjie te kuier.

DSC_0100

Lekker kuier terwyl daar geeet word aan lekker melktert vir nagereg.

DSC_0114

Vier van die jongmense van Abu Dhabi en twee wat julle behoort te ken :-). James hoekom sal jou hare so staan? En kan julle glo dat ons hier in Abu Dhabi kombersies moes uithaal vir die koel weer!?

Page1

Daar is ook bietjie gek geskeer met die langste en kortste van ons. Waar Nelmari ampertjies die langste was, het Leane loshande die kortste prys gewen. Sussie waaroor word daar gelag op die foto onder regs?

DSC_0116

Na die eet het die klompie kringetjie gemaak en so 'n paar liedjies saamgesing.


Dit was bietjie donker maar ek kon 'n deeltjie van een van die liedjies op video opneem.

DSC_0122

Ons kan regtig trots wees op hierdie jongmense van ons. Om met hulle te praat en te hoor hoe Pa met elkeen 'n pad loop en hoe hulle gehoorsaam luister, is 'n ervaring. Dankie dat julle saam met ons kom kuier het!

8 comments:

Sonja said...

Ag dit is te wonderlik! Dit lyk sommer baie lekker daar!

retha said...

Raak al hoe vreemder. Ek is ook nie 'n pap eter nie.

Het jul ook op die boot gegaan?

Sandra said...

Dit was 'n lekker kuier en moreaand kuier ons op die boot, ons sien nogal uit daarna.

Pap sal ek eet Retha, solank dit in die oggend met suiker en melk is :-). Ons gaan moreaand op die boot.

Thea said...

Dis wonderlik dat daar jongmense is wat bereid is om 2 jaar van hulle lewe op te offer ter wille van die uitbreiding van Sy koninkryk! Ek's bly julle kon hulle daar in die vreemde 'n ietsie van "huis" laat ervaar! Julle moet die kuier op die boot geniet! Dit behoort baie interessant te wees!!

Cecile said...

Ja nee Thea ek kan net saam stem. Hulle is min gesaai. Sandra dit lyk na 'n heerlike aand.

Sandra said...

Dankie Thea, sal julle natuurlik na die besoek toegooi onder die foto's :-).

Dit was heerlik Cecile. Lekker om weer van jou te hoor

Jan and Miekie said...

Watter lekker positiewe nuus, te midde van soveel wat sleg is in ons ou wêreld! Dis goed om dit te sien en te hoor. Dankie dat jy dit gedeel het.

Sandra said...

Hierdie ouens doen ongelooflike goeie werk Miekie, maar daarvan vertel ek bietjie later.