Monday, January 3

Die dorp gaan die Nuwe Jaar in

Die nuwe jaar het al klaar weer begin hardloop ....

DSC_0009

Ou Jaarsaand het ons op die Cornish gekuier en gewag vir die vuurwerke wat 12 uur sou plaasvind. Windstil, spieelglad water en vrolike liggies het mooi prentjies gemaak.

DSC_0090

Maar eers het ons lekker gaan fliek en ietsie gedrink om die wagtyd korter te maak.

DSC_0161

William was in beheer van die kamera vir die aand en het eers rondgespeel sodat hy die aandliggies stelling kon uitwerk. Die ou Hilton hotel van die winkelsentrum se kant af.

DSC_0167

DSC_0168

DSC_0187

DSC_0193

Abu Dhabi skyline uit verskillende hoeke terwyl ons wag. Die liggies het die mooiste patrone op die water gemaak.

DSC_0214

Iemand het ook een of twee Chinese lampe/kerse opgestuur wat die mooiste prentjies gemaak het. Ons het gedink hoe mooi dit sou lyk as daar honderde opgestuur sou word.

DSC_0238a

DSC_0246b

DSC_0247a

DSC_0248a

DSC_0250a

DSC_0252a

DSC_0268

DSC_0269a

DSC_0271a

DSC_0272a

DSC_0275a

Die vuurwerke was eintlik was eintlik vanjaar 'n teleurstelling, want ipv dit al langs die Cornish te he, was daar slegs vuurwerke by die Emirates Palace hotel. Gelukkig kon ons dit sien en afneem.

Hoop dat 2011 vir julle 'n baie besonderse jaar gaan wees!


5 comments:

retha said...

William se speel het mooi liggies gebring vir ons om te sien.
Maak nie saak watter tyd van die jaar altyd goed om te sien goeie tye is geniet met familie en vriende!

Jan and Miekie said...

Pragtige fotos! Ou jaar is darem spesiaal! Mag 2011 ook vir julle 'n pragtige en geseënde jaar wees!

Sonja said...

Die vuurwerke lyk pragtig! Ek glo hierdie nuwe jaar gaan n geseende wonderlike een vir ons almal wees!

Sandra said...

Ek vertel hom dis die goeie kamera en hy vertel my dis die fotograaf Retha :-). Miskien is dit net 'n kombinasie van altwee met 'n mooi prentjie.

Dankie Miekie vir jou en jou familie ook!

Sandra said...

Ek stem Sonja! Ek dink julle voornemen vir vanjaar is die regte bestanddeel vir 'n wonderlike jaar