Thursday, December 2

Pret en ontdek op die eiland

Tydens die "geskiedenis" waarvan ek in my vorige inskrywing vertel het, het 'n paar van ons jong volwassenes van die vasteland (Abu Dhabi) ook saamgegaan.

DSC_0080

Hier is 'n paar van hulle, agter, Elriza en Stephanie en voor Claudinia, Lore, Leane en James.

DSC_0088

Dis altyd so 'n lekker rustige gevoel as mens begin ry en die bokkies staan so langs die pad. Mens kan jou ampertjies verbeel jy is in die wildtuin - hierdie een is net in die middel van die see.

DSC_0095

Baie uitbreiding op die eiland aan die gang en een van hulle is uitkyktorings waar mens die diere kan sien. Raai net waarna kyk ons?

DSC_0090

Ja, 'n GROOT trop kameelperde. Daar is omtrent 40 van hulle.

DSC_0107

Hierdie groenigheid het hulle aangeplant en binnekort gaan daar luukse hutte opgerig word waar mens kan kom oorbly.

DSC_0173

Die paaie op die eiland vat ons op en af soos 'n rollercoaster.

DSC_0108

Soos julle kan sien geniet die meisies die ryery baie :-). Baie veilige bestuurder .... net die fietsryers wat moet oppas.

Page5_0

Ons het sommer baie diere van alle soorte gesien.






Hierdie volstruis wou baie graag van die blink juwele he en die mense moes sommer hulle kameras ook wegsteek.

DSC_0129

Mens kan nie genoeg kyk na die verskillende kontraste hier nie.

Page3

Hier word daar aan "mirre" geruik.

Page2_0

Die rotse/klippies het Leane heeltemal opgewonde gemaak en sy het hulle mooi afgeneem en 'n paar opgestel en vir ander verduidelik.

Page6

Net so voor ons die boot terug land toe moes neem het ons gou-gou by die hotel gaan tee/koffie drink.

Vandag is Nasionale Dag in die UAE en die land is 'n hele 39 jaar oud. Vir julle wat my blog al lank volg, kan jy dink met al die onwikkeling in slegs 39 jaar gebeur het? Amazing. Ek hoop om so bietjie foto's van die vieringe ook te plaas.

Geniet die laaste bietjie van julle week.



5 comments:

Miekie said...

Die eiland lyk na 'n baie lekker plek - van jou fotos kon in die wildtuin geneem gewees het!
Ek sien uit na jou fotos van die vieringe. So die land is 39 jaar oud - en die nuwe S.A. is 16 jaar oud...Ons het dus 53% van die Emirates se ouderdom. Sal maar liewer nie sê watter persentasie ontwikkeling hier plaas gevind het nie!!

Sandra said...

Mens kan amper voel jy's in die wildtuin Miekie.

Die nuwe SA mag 53% van die Emirates se ouderdom wees Miekie maar hierdie ouens het nie eers 'n verskoning van 'n "ou" UAE nie, dis totaal nuut :-)

Thea said...

Dit is regtig 'n PRAGTIGE plek en jou foto's is baie mooi Sandra! Julle is seker baie bly dat julle voortaan gereeld hier sal kan besoek aflê!

Charmaine said...

Die "buite wees" is die lekkerste lekker. Kannie wag om die hutte by die Savanna te sien en te ervaar nie.

Sandra said...

Ons sien uit na die "nuwe" veld Thea :-)

Dit gaan wees maat. Ek hou ook van die rustigheid daar op die eiland.