Friday, December 17

Lekker so in die koeler winterweer

Lekker om weer al die kinders in die dorp te he en soos vorige kere het William gou-gou in die mangroves gaan kayak.

DSCF1294

Die see was ook lekker rustig as mens so na die foto's kyk. Elriza het ook gegaan en foto's geneem terwyl hy geroei het.

DSCF1295

Die ontwikkeling in die mangrove omgewing is iets ysliks en mens kan die bote sien wat besig is om dele droog te le en ook slote te grawe.

DSCF1305

Hierdie deel van die mangroves het ook 'n skaars jakkals soort en omdat hulle bang is die walle tuimel in met al die uitgrawe, het 'n skool die sandsakke projek aangepak om die walle te stabiliseer.

Page1

Van die "kanale" in die mangroves is dieper gegrawe (6 m) sodat bote daar kan deurvaar na die nuwe ontwikkeling toe.

DSCF1319

Lekker rustig roei hulle deur die mangroves en luister sommer na pogings wat gemaak word om die mangroves en diere van uitwissing te red. Blykbaar word 70% van die visse in die omgewing hier in die mangroves gebore.

DSCF1333

Van die grootste mangroves oppervlakte ter wereld kom in Abu Dhabi voor. Met die ontwikkeling is 'n groot gedeelte daarvan ingeboet, maar in April vanjaar natuurbewaring 25000 nuwe boompies aangeplant.

Page2

Hier is ook baie krappe. Die twee wat Elriza op die regterkant vashou is net die "doppe" van die ouens wat "vervel/ontdop".

DSCF1342

As julle mooi op die foto kyk sal julle die ontwikkeling van 'n groot nuwe hotel sien waar 'n deel van die mangroves was.

As jy nog nie begin het met die kersaankope nie, is die naweek jou laaste kans. Geniet!

6 comments:

Thea said...

In my volgende lewe wil ek ook in Abu Dhabi bly! Daar's so baie lekker dinge om te doen!!

Sandra said...

Maar eers 'n klomp nuwe lekker dinge in die huidige lewe ne Thea?! :-) Kan nie wag om al die stories van daaraf te hoor nie!

Paula said...

Dit is goed om te sien dat hulle ook hulle diere beskerm. 'n Goeie skool projek.

Sandra said...

Diere behalwe kamele, perde en valke is nogal 'n nuwe konsep vir hulle Paula. Die projekte word gewoonlik begin deur 'n internasionale skool maar ons glo dat die plaaslike kinders darem in die proses ook leer

retha said...

Soms dink ek ook ek sal daar wil bly. Maar dan sien ek weer foto's van al die sand en dink eerder nie. Ek sal seker vyf keer op n dag moet afstof! Om nie eers te praat van al die muslims daar.

Ek hou van die toere wat jy ons op neem.Hoop die tyd staan bietjie stil vir jou met die kinders daar.

Sandra said...

Mens leer maar aanpas met die sand Retha :-).

Bly jy geniet die "toere" dis net so lekker om daarvan te vertel. Met die kinders op vakansie is alles nog meer 'n gejaag, maar darem met klomp lekker dinge