Sunday, December 19

Dit gebeur nie baie nie

Na baie jare in die dorp is daar bitter selde 'n nuwe winkelsentrum wat opgaan sonder dat ons daarvan weet en dit gaan besoek, so toe ek daarvan lees en besef dis al drie maande oop sonder dat ek daarvan weet, was dit 'n MOET.

Page5

In die jare voor ek begin blog het en ek's eintlik spyt ek het nie van die beginjare hier ook geblog nie, was die souk waar mens allerhande twak en toonnaels kon koop 'n gewilde plek om besoekers heen te neem. Na sprake dat dit vervang gaan word, het dit skielik een aand heeltemal afgebrand. Vir die laaste paar jaar is die pad soontoe toegemaak en hoe versperrings is op sonder dat mens geweet het, iets is aan die bou daar. En net daar op die ou plek ry ons op ons soektog binne die nuwe "souk" vas. Lekker lekker, nie naastenby soos die vorige een nie, en met duur winkels, maar een van ons gunsteling koffiewinkels wat daar oopgemaak is, sal dit beslis baie gereeld besoek word.

Page1

Ons het met Shakespeare & Co kennis gemaak in Dubai en is so bly dat dit nou eintlik hier in Abu Dhabi is. Dis 'n regte "vroue" restaurant met allerhande fyn en tierlantyntjies goeters. Die eetgoed en sjokolades sal natuurlik ook die manne lok en mens kies baie moeilik wat jy saam met jou koffie of tee wil geniet. Daar is ook 'n spyskaart vir ontbyt, middag en aandete.

Page4

Nie een muur lyk dieselfde nie en alles is in detail gedoen. Hier kan mens lekker kuier en die bestuurder Hassan is baie betrokke by sy kliente - tot op die foto's.

Page6

Alles tot die dak is "versier" en daar is die mooiste houers wat jy sjokolade in kan sit en vir geskenke weggee. Dit gaan sommer gou-gou 'n gewilde kuierplek in die dorp wees en net so voordat mens bang raak dit gaan te vol wees het ons darem gehoor nog twee ander word oopgemaak. Die mall, waarvan nog net 'n paar winkels oop is, gaan ook 'n lekker plek wees om besoekers na toe te neem.

Geniet die laaste week voor Kersfees!

8 comments:

Desia said...

Lyk na 'n heerlike plek om te besoek. Dis asof deeltjies van die hele wereld daar by julle herskep word!
Het jy gesien van die $11 miljoen Kersboom in 'n hotel iewers in Abu Dabi?

Sandra said...

Ja dis 'n yslike boom, sal julle bietjie foto's wys :-)

retha said...

Wat n pragtige plek. Sjokolade, mure en kyk selfs die "hutch" vol iets wat ek van nader fyn sal moet bekyk.

Sandra said...

Ek is seker dis 'n plek wat jy sal geniet Retha :-)

Thea said...

Sjoe, dis nou in styl kuier! BAIE mooi plek!! Vra bietjie vir Hassan of hulle nie maar in SA ook 'n tak wil kom oopmaak nie. :-)

Sandra said...

Seker jy wil die tak in SA he Thea? :-) Jy gaan dit mos dan ook nie kan besoek nie

Sonja said...

Dit lyk na n lekker bederf plek om heen te gaan! Daar is darem min plekke op aarde soos daar by julle,sowaar!

Sandra said...

Sonja hier is baie mooi en spesiale plekke verseker, maar dis darem nie huis nie. Ek moet nog 'n plek sien wat mooier as die Kaap is :-)