Tuesday, December 7

Die UAE verjaar

Die laaste paar weke is dit nogals chaos hier in die dorp met die een feesviering op die ander.

Page6

Eers het ons die Grand Prix gehad en daarna die een na die ander beroemde en bekende kunstenaar wat ek nie ken nie, wat in die dorp optree - dit sal natuurlik aangaan tot na Nuwe Jaar. Maar saam met dit was het die land ook sy 39ste verjaarsdag gevier en vyf dae later hulle Nuwe Jaar. Orals is die winkels opgemaak en by skole is tradisionele danse opgevoer.

Page7

Die arabiere gaan ook dol met motorversier en orals word hulle duur motors en 4x4 opgemaak in die kleure van die vlag. Ek wil nie eers weet hoeveel skade daar aan die verf gedoen word wanneer dit verwyder word nie.

Page1

Die mooiste deel van hierdie tyd van die jaar is die dorp is die liggies. Ek het vorige jare al hieroor geblog, (julle kan op die links kyk), maar vanjaar was daar heelwat nuwes wat aangedui het hoe jonk die land nog eintlik is. Net 39 jaar terug was dit nog 'n woestyndorp met baie sand en kamele.

Page4

Ons het so 'n bietjie in die strate gaan ry om die feesvieringe te voel en dit was feestelike chaos.

Page3

Vir my was die mooiste liggies die nuwes op die sirkels wat oa perde, valke en bote gehad het. Charmaine hulle was so gelukkig dat die sirkels sommer by hulle blyplek was. (Ook maar moeilik om 'n foto om 'n sirkel te neem)

Page5

Die middelmannetjies oppad en op die Cornish verby die Emirates Palace Hotel.

Page2

Hierdie klomp geboue wat so langs mekaar gestaan het, was regtig baie mooi en in die vlag se kleure.

Bietjie laat maar baie geluk UAE. Die ontwikkeling die laaste 39 jaar is iets ongeloofliks en self kon ons die verandering in die laaste 10+ jaar wat ons hier is sien.

Lekker week

4 comments:

Miekie said...

Hulle het voorwaar iets om te vier - kan baie trots wees op wat hulle vermag het. Sê nou net daar was nie olie nie, of sê nou net die hele wêreld was nie so afhanklik daarvan nie?

Sandra said...

Jong Miekie daar is darem baie goed wat mens kan se nou se ... :-)

Iets wat ek moet se vir die mense, is dat alhoewel hulle baie geld spandeer, skenk hulle ook baie vir liefdadigheid en vir hulle mense

retha said...

Die op-groot-maat-amerikaners moet elke keer bloos as hul iets hoor van die UAE.
Ek kan myself nie eens indink hoe dit moet lyk nie, alhoewel ek kan sien dit moet iets wees om te aanskou.

Sandra said...

Dit lyk en voel baie feestelik met al die liggies Retha. Dis nouwel groot maar ek onthou as kind hoe ek die Adderleystraat liggies net so baie geniet het, en dit was vir my baie mooier :-)