Thursday, December 30

2010 ‘n Geseende Jaar

Ek kan dit amper nie glo nie, die jaar 2010 is op sy rug! 'n Jaar waarin Vader ongelooflike dinge tussen 1 Januarie en Desember laat gebeur het. En omdat ek weet Sy planne is nog nie klaar nie, sien ek met groot afwagting uit na die Nuwe Jaar.

DSC_0076

Vir my is dit gepas dat my laaste bloginskrywing vir die jaar gaan oor die uitreik na die mense van die Sir Baniyas eiland en die begin van kerkdienste daar. Na die eerste diens so 'n maand terug het hulle gevra vir 'n Kersdiens. Hier is 'n paar van die jongmense en Elriza (wat die boodskap gelewer).

Page2

Met baie van die mense wat huistoe is vir die kersseisoen, het daar nog steeds 'n klomp van die Suid-Afrikaners op die eiland, na 'n Baie Geseende boodskap van Elriza kom luister. En alhoewel getalle glad nie saak maak nie, sien ons uit om deur gereelde dienste, Sy Koninkryk net meer en meer uit te brei.

Page3

Dis ook altyd lekker vir die "eilandbewoners" om agterna met die besoekers te gesels en kuier.

DSC_0097

En soos die vorige keer is ons lekker bederf met 'n middagete. Die Holloway tafel.

Page4

Na ete het ons so 'n bietjie gewag vir die bus wat ons weer deur 'n toer op die eiland sal neem.

DSC_0144

Almal in die bus reg vir die rit ...

Page5

Ek weet ek het julle al die diere gewys, maar dit bly altyd so lekker om hulle in hulle natuurlike habitat te sien.

Page6

Hierdie keer het ons die kameelperde van naby kon sien en hulle was almal baie nuuskierig om die kamera van nader te bekyk.

DSC_0170

Ai dit kon ampertjies springbokkies gewees het ... mens hoef nie eers jouself baie te verbeel nie.

DSC_0165

Soos die vorige keer het hierdie wyfie volstruis regtig die show gesteel. Eers wou sy die hek oopmaak om na ons toe te kom en daarna was sy baie geintereseerd in haar eie beeld wat sy in William se sonbrille sien. Sy wou dit net he. Soos 'n stout kind het sy, nadat sy nie by die hek kon inkom nie, reg voor die voertuig gaan le dat ons nie kon verby ry nie. Ek het geleer dat volstruise beslis persoonlikheid het.

DSC_0156

Met die vorige blog oor die eiland het ek vertel dat Leane klippe huistoe gevat het, en hierdie keer het ek haar "gevang" nog vat. Of hulle maak 'n rotstuin by hulle blyplek of sy skuif die eiland so bietjie by bietjie.

Page7

Die son amper onder toe ons die boot terugvat land toe om die lang pad terug Abu Dhabi toe aan te durf.

My Nuwejaarsvoorneming is om die heel jaar, in goeie en slegte tye vas te hou aan Sy belofte aan my en julle in Jeremia 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting."

Geniet nog die laaste deel van 2010 en Voorspoed vir 2011!

Liefde

4 comments:

Jan and Miekie said...

Wat 'n inspirerende inskrywing! Dankie! Mag julle 'n wonderlik geseende jaar (en begin van 'n nuwe dekade) hê! Baie, baie seenwense van ons af.

Desia said...

Ek kan dit nie beter as Miekie stel nie; voorspoedige, geseende jaar vir julle.

Sonja said...

Sandra,ek hoop die nuwe jaar is n pragtige een vol van die Here se ryk seen en genade!

Sonja said...

Sandra,ek hoop die nuwe jaar is n pragtige een vol van die Here se ryk seen en genade!