Wednesday, November 24

Nuwe sportseisoen skop af

Dis heerlike winterweer op die oomblik en ons temperatuur was vandag die eerste keer in 'n lang tyd onder 30 grade wat dit regtig lekker maak. Saam met die winter kom die nuwe basketbalseisoen. Kan nie glo dis Nelmari se laaste sport by die skool nie en vandag het hulle afgeskop met 'n wedstryd teen Choueifat.

Page1

Met nog net 'n week se oefening het ons nie regtig geweet wat om van die meisies te verwag nie, maar met die opwarming het ek kon sien dat veral die Graad 12's redelik opgewerk is vir die seisoen.

Page2

Die hele beginspan het baie goed gespeel en op 'n stadium het ons lelik geskrik met Nelmari wat plat was - almal het half die knie ongeluk herroep, maar na 'n kort rustyd en behandeling het sy weer gespeel. Op verdediging het sy, ook danksy haar lengte mooi verdedig.

DSC_0057

Maar met die vertroue van die knie wat nie teveel skade opgetel het nie, het sy so gou-gou mooi doele begin skiet. Die nuwelinge in die span het nog nie veel oefening of speeltyd gehad nie, maar ons ou lede was regtig goed en het die wedstryd 39 - 7 gewen!

GO LIONS!

6 comments:

Jan and Miekie said...

93-7! Hoe lekker om die seisoen so te begin! Baie geluk aan die span en mag die nuwes ook gou bykom!

Number 1 said...

Good job number 2, will see if you play that good when im there.

Sandra said...

Ons hoop hulle doen Miekie :-). Mens wil darem jou laaste jaar se sport op 'n hoogtepunt afsluit.

Sien uit daarna om jou by die huis te he seun

Nelmari said...

Dankie!

Number 1 of course I am! You miss our ACS game by 1 day though :(

retha said...

Weet nie veel van sport nie, maar ek het nie gedink daar is enige skoppe in basketbal nie ;o)

Baie geluk!
Dalkies meer verligting is die "nie teveel skade nie" Maar dit seker eerder vir die ma as die atleet.

Sandra said...

Ten minste het ek 'n fotograaf vir die volgende wedstryde Nelmari :-)

Jy's slim ne Retha :-). Ja ek is verlig dat daai knie hou, maar ek is seker Nelmari sal nog 'n bietjie wil speel voordat sy eindeksamen skryf.