Thursday, August 5

Terug na die Romeinse tyd in Nimes

‘n Dorpie na jou vernoem Nims :-) was ook op die spyskaart. Nie heeltemal seker wat om te verwag nie, behalwe dat ons gelees het dat die Romeinse stadium in ‘n beter toestand as die Coluseum is – en natuurlik is ons nuuskierig.

DSC_0001

Nie ‘n maklike dorp om rond te ry nie, al se die aanwysings alle paaie lei na die stadium kan ek julle belowe dit doen nie, of altans nie vir ons nie. Ons kry die oorblyfsels van die stad se ou poorte. Die Romeinse poort “Porte Auguste” was deel van die langste stadsmuur in Gaul.

DSC_0002

Oorkant dit ‘n baie besonderse kerk. Nadat ons al die strate probeer het en nerens uitgekom het nie, gee ons moed op en besluit om maar te ry en dis toe wat die reen val. Soos nat hoender terug in die motor en al met die pad langs wat ons nou-net geloop het …. binne die stadium vas :-). Weer soek ons parkeerplek en begin ons tog van voor af.

P1120133

Hierdie dorpie is bekend vir sy “Wars of Religion”. Die amphiteater “Les Arenes” is gebou in die 1ste eeu nC en het klipsitplekke vir 20 000 mense gehad. Vandag word dit nog steeds gebruik vir musiekfeeste.

DSC_0007

Ons het ‘n heerlike “radio-gids” gehad wat alles vertel het en mens kon deel voel van die geskiedenis van die amphiteater.

P1120121

Die arches is die rede hoekom die struktuur nog staan want dit versterk die boustruktuur. Hulle kon dit nie afbreek nie want die klippe is te stewig.

DSC_0010

P1120118

Die gange wat na die slaapplek van die gladiators gegaan het.

DSC_0018

Van die strukture wat bietjie verstewig word vir vandag se gebruik.

P1120127

P1120136

En soos alles in die platteland gaan die trappe of hoooooog op of veeeeeer af en kry ons baie oefening.

DSC_0021

Die klein stadium wat ons amper misgeloop het. Dit was regtig die moeite werd om bietjie te verdwaal.

P1120139

Lekker pannekoek by die straatkafee voordat ons na ons motor begin soek en soek en soek. Dit kos ons weer terug stadium toe om dit weer te probeer kry. ‘n Dag propvol dinge verseker. Agterna lees ons dat denim ook sy oorspronk in die dorpie gehad het. Hulle het dit “le-de-nims” genoem en die kinders voel hulle moes eintlik bietjie geshop het ook :-).

5 comments:

Sonja said...

Dankie vir hierdie interessante foto's!Ek kan net dink hoe moeg daai trappe julle gemaak het.

Ronelle said...

Sandra! Jy spaar ons baie geld.. hoef nou nie meer te toer na die plekkies wat julle besoek want jy wys ons ALS!! Beautiful!

Daardie trappe laat my dink aan MontMartre om by die Sacre Coeur uit te kom (ek het besluit ek gaan die trappe neem en nie die kabelkarretjie..!!op en af!!)

Mariette. said...

Ja dankie dat jy dit met ons gedeel het, ek dink op die oomblik is dit beter op die blog saam te toer as om self daardie trappe te moes klim, - want ek sal vir jou se met hierdie hitte het ek net geen krag vir niks....

Bly julle het dit geniet.

Lekker naweek.
Groetetjies.

Sandra said...

Sonja die ou tannies het al "stutte" vir alles aan van al die trappe en klim. Selfs as mens in hierdie land wil toilette toe moet jy af en op met die trappe :-).

Hier is die toue vir die kabelkarretjies altyd km lank Ronelle ek sou ook die trappe geneem het as dit so 'n paar jaar terug was :-)

Sandra said...

Ek kan dink dat julle warm kry Mariette. Ons het heerlike reen en weet ons moet dit geniet voordat dit terug is na die erge hitte