Ons wou graag ook in Oostenryk ‘n draai gaan maak, eerstens omdat dit sommer teen die grens is waar ons bly, en tweedens omdat ou vriende van Charmaine en Elriza wat ek ook deur die Vories leer ken het, in Vienne bly. Dis ‘n bietjie ver om te ry en Saltzburg blyk toe ampertjies die middelpunt te wees en ons besluit om mekaar daar te kry.
Marinda kom met die trein en nadat sy ons verduidelik het waar ons mekaar ontmoet word “Ulla” (dis nou ons GPS) geprogrammeer om ons na die parkeerterrein in die berg in Saltzburg te neem. Sy reel dat ons haar voor Mozart se geboortehuis kry. Dit klink nie te moeilik nie, totdat ons die besigste straat (laan) in die dorp – en dit nogal volgens die internet aanpak opsoek na iemand wat ons jare terug gesien het, en ‘n huis waar Mozart gebore is.
Marinda is die een wat ons eerste raaksien, dankie tog want Ulla werk nie buite die motor nie.
Dis omtrent ‘n mengelmoes van mense (toeriste) wat orals by die stalletjies van die vlooimark loer. Natuurlik is Nelmari en Elriza nie agter wanneer dit by snuffel kom nie en Charmaine onder aanmoediging van Marinda, pas een van die hoede aan.
Orals in die strate is kunstenaars besig om musiek te maak. Ons hoor dat die mense eers vir oudisies moet gaan voordat hulle toegelaat word in die strate. Een ou teken mens se gesig buitelyne en Elriza is die eerste een wat staan. Op die regterkant in die hoek kan julle sy weergawe van haar sien.
Natuurlik moet Nelmari dit ook doen.
Ons verkyk ons aan die geboue, monumente en standbeelde rondom die plein. Marinda is ‘n goeie toergids en wys en vertel ons alles wat ons wil weet.
Ons gaan nie in die katedraal in nie, maar neem foto’s by die deur.
Die fonteine, ou kasteel hoog teen die berg waar mens kan opry met ‘n kabelkarretjie (maar die toue is kms lank) en die perdekarre op die plein gee die dorp ‘n gevoel van oud en geskiedenis. Dis immers die plek waar Sound of Music en selfs Stille Nag vanaf kom.
Die dorpie is gewoonlik gedurende kersfees wit van die sneeu en Marinda neem ons in die Kerswinkel in.
Soveel geverfde eiers het julle verseker nog nie op ‘n anderplek gesien nie. Hoe kan mens selfs een kies tussen al hierdie besonderse eiers. Die een is so mooi en mooier as die ander. Ons weet om sulke eiers op die vliegtuig te neem is moeilikheid soek en Nelmari vra of sy nie net een kan kry nie. Die besluit oor watter een is baie baie later geneem.
Daar is duisende eiers en mens kan net kyk en kyk na al die detail wat daarop geverf is.
Ons het Saltzburg en die saamkuier geniet, en miskien eendag kom ons terug om so ‘n bietjie meer van die ander dele van Oostenryk ook te sien.
Dankie vir die rondwys Marinda.
6 comments:
Salzburg is regtig pragtig en ja, daardie eiers!!!! mense watter amazing kuns.
Ongelooflik en dis nie eers gekook nie maat :-)
Dit moet 'n absolute sprokieswêreld wees as dit daar sneeu! Daai kerswinkel moes 'n belewenis gewees het!
Julle is nou terug en ek weet nie hoe julle dit ervaar om terug te wees nie maar ek het onlangs op 'n ander blog gelees van iemand wat ook in Europa was en sy gevoel van hoe dit is om terug te wees. Laat weet bietjie wat jy daarvan dink. Die skakel is: http://blogs.litnet.co.za/dinkweer/soms-kom-dit-later
Verstommend dat die kerswinkel heel jaar besigheid kan doen, as ek dink aan my kers verwysing.
En Josef se winkeltjie lyk ook na n plek waar mens iets lekkers kan kry.
Ai dit lyk so mooi. En wat die lekkerste van dit alles is, is as julle by die huis is en hulle wys al die mooi op die TV kan julle met 'n lekkerte in julle harte sê " Ons was daar, Ons het dit gesien"
Thea mens weet jy's terug as jy in die huis stap :-). Maar ja mens kan die helfde wat jy beleef en ervaar het nie in woorde met ander deel nie, en as jy doen dink jy agterna ek moes dit en dit en dit ook vertel het. Ons was geseend, want ons het 'n week langer as oorspronklik beplan gebly.
Retha daar is nog kerswinkels waarvan ek gaan vertel, dis verstommend hoeveel mense daar koop.
Dis waar Cecile het dit sommer al in 'n rolprent op die vliegtuig terug ervaar.
Post a Comment