Monday, August 16

Sprokieswereld en Swane

Een van die plekke op ons lysie van “moet sien” was die Sprokieskasteel (Schloss Neuschwanstein) van koning Ludwig II wat later ook die inspirasie was vir rolprente en die disney logo … ‘n regte feetjie plek. Dis ‘n lekker nat reenerige dag en die wereld is groen en ons geniet!

Page1

Groot opwinding toe die kasteel in die verte opgemerk word. Ons staan vir baie baie lank in die tou om by die kasteel uit te kom om net eintlik voor te hoor die volgende beskikbare toer is 5 uur later. Gelukkig kon ons kaartjies vir die Hohenschwangau kasteel net langsaan kry so die sprokiekasteel kan net van die afstand gesien word.

Page2

Hierdie kasteel het sy pa Max II toe kroonprins van Bavaria gebou op oorblyfsels van ‘n vorige kasteel. Dit het ses jaar geneem om te voltooi en eintlik het die familie in 1838 ingetrek en dit as hulle “somer vakansie huis” beskou. Ludwig het na sy pa se dood in 1864 daar gebly totdat ‘n “apartment” in sy droomkasteel se hekmuur vir hom gebou is en hy soontoe kon trek in 1873. Die “gate house” se bou het vier jaar geneem en eers daarna het hulle met die kasteel begin.

Page1_0

Die kasteel van sy pa is ‘n vier verdieping plek met vier torings op die hoeke en die eiendom van die Wittelbach familie wat die gronde vanaf 1567 besit. Ons het nogal gedink die vertrekkies is klein maar siende dat dit net ‘n vakansiehuisie is, is dit seker aanvaarbaar. Die gids het vertel dat tydens Ludwig se verblyf in die kasteel het hy met ‘n teleskoop (wat nog steeds in “sy” kamer staan) die bouery aan sy fairytale kasteel dopgehou en als en als het dit 17 jaar geneem. Ludwig self het toe net minder as ‘n jaar daarin kon bly voordat hy dood is. Die kasteel is nie heeltemal klaargebou nie, maar tydens die bouery het dit werk geskep vir baie mense, maar ook die koninklike familie se finansies skade gedoen.

Page3

Die dorpie onder by die kastele is net so mooi en groen. Die meer op die foto is die “swanemeer”. Beide die kastele het ongelooflike skilderye, meubels en geskenke ontvang van staatshoofde wat uitgestal word vir besoekers om te sien.

P1120290

As mens so na die kastele en omgewing kyk, kan mens sien hoekom dit ‘n “fairytale” kasteel is/was. Kan julle dink hoe dit lyk gedurende die winter met die sneeu op die berge rondom?

Sterkte vir die week wat voorle!

8 comments:

Ronelle said...

Ek sal kan doen met so 'n 'somer vakansie huis' :)

Prentjie mooi!!!!!!

Sandra said...

Mens moet te baie trappe klim om regtig "vakansie" te kan hou so ek het iets beters gesien :-)

Paula said...

*sug* .... dit is so mooi!

Sonja said...

Sandra,jou blog is altyd soooo interressant! Ek het jou n toekenning gegee,gaan kyk gerus daar by my hoe om dit te ontvang!

retha said...

Sprokies wereld indeed!

Sandra said...

Dit is Paula :-)

Baie dankie daarvoor Sonja ek voel geeerd :-). Ek kuier baie lekker op jou blog ook.

Beslis Retha, kan jy dink hoe dit moet lyk met sneeu

Thea said...

O, dit is darem maar SOOOO mooi daar!

Sandra said...

Dis so anders as die Franse platteland Thea en met sy eie bekoring