‘n Hele tydjie terug het ek vertel dat dit nog altyd iets was wat ek wou bywoon … die Passiespele in Oberammergau wat net elke tien jaar gehou word. En wat ‘n onvergeetlike ondervinding was dit nie.
Oberammergau is ‘n dorpie van so nagenoeg 5300 inwoners. Gedurende 1618-1648 tydens die 30 jaar oorlog (wat ek maar eers nou hiervan geleer het) het dit begin as ‘n “religious conflict” wat uitgebrei het, en met ‘n dodelike siekte deur Europa versprei. Vir lank kon die dorpie die plaag beheer omdat kwaritine streng toegepas is en niemand die dorp sommer kon binnekom nie. ‘n Inwoner van die dorp wat weg van die huis gewerk het, het een aand ingeglip en saam met hom die plaag gebring.
Gou-gou het 84 volwassenes van die dorp gesterf. DIe mense het nie veel van die siekte geweet nie en sommige het gedink/geglo dis God wat hulle straf. In 1633 het die dorpie egter as ‘n desperate poging, almal by die kerk laat bymekaarkom, om by die altaar ‘n belofte te maak dat hulle elke tien jaar die Passiespele sou hou as God hulle van die “disease” red. Hulle se dat sedert daardie dag niemand in die dorp ooit van die siekte dood is nie.
Die eerste opvoering was in 1634 en daarna elke tien jaar tot 1674 toe besluit is om dit aan die begin van ‘n dekade te hou. Die enigste twee keer wat dit nie opgevoer is nie was in 1770 toe daar ‘n verbod op Passiespele was en 1940 gedurende die oorlog. Die dorp maak hoofsaaklik sy bestaan uit toeriste en houtwerk. Allerhande speelgoed, figure ens. word uit hout uitgekerf – dis baie mooi. Die skilderwerk op die huise en geboue in die dorp is ook uniek aan die omgewing en in Duits is dit bekend as “air painting” met sy oorsprong uit Italie en die Suide van Duitsland.
Om deel te neem in die spele moet mens in die dorp gebore of 20 jaar daar bly. Daar is egter ‘n toegewing vir kinders – as hulle in die plaaslike skool is, mag hulle ook deelneem. Meeste van die dorp neem deel aan die opvoering hetsy as deel van die spele of ander werke rondom die administrasie van die spele. Die voorbereiding vir die spele begin baie lank voor die tyd. Die soliste wat saam met die koor optree bv word reeds in 2008 gekies en die koorlede in 2009. Daar word gekyk na plaaslike talent en as hulle gekies word as soliste moet hulle 10 uur opleiding van profesionele afrigters in Munich kry. Die lede is meestal vanuit die plaaslike kerkkore en amper al die lede van die 2000 spele sing vanjaar weer. Hulle is werklik iets om te hoor.
Op “ash Wednesday” ‘n jaar voor die spele word die “Hair Decree” begin en dan moet almal wat wil deelneem hulle hare laat groei. Indien jy gekies word as ‘n soldaat, mag jy jou hare sny maar om gekeur te word, moet dit lank wees. Hulle se dat heelwat mense vra om as soldate gekies te word want hulle wil liewer hulle hare kort hou :-). Die aanwysing van die “cast” is ‘n spesiale geleentheid en verlede jaar op 8 April 2009 het die hele dorpie in die kerk bymekaargekom die oggend vir worship, skrif en gebed, toe na die ander kerk in die dorp vir meer gebede en toe na die verhoog van die teater waar die dorp weer plegtig ‘n hernuwing van hulle oorspronklik belofte aan God in 1633 bevestig het, en toe voor ‘n TV span en almal daar, die name van die spelers bekend gemaak.
Om te verhoed dat iemand “sterstatus” deur sy rol kry, is daar altyd twee wat mekaar afwissel vir die hoofrolle en is ‘n hoofrol nooit ‘n waarborg dat jy dit weer sal kan speel nie. So het die een ou wat Jesus gespeel het die vorige keer John gespeel en die ander ou (‘n sielkundige) ‘n vorige keer Archelus en is hy al deel van die spele sedert 1980 al is hy net 32 jaar oud. So het mans wat die Jesus rol al vorige kere vertolk het vanjaar oa Caiaphas en Judas gespeel. Ander was voorheen deel van die straattonele. Hulle se dis niks snaaks om by mense in die dorp verblyf te kry en dan verskoon iemand in die familie hulleself net na ete om te gaan deel wees van die spele net om jou weer aandete te bedien voordat hulle weer gaan deelneem.
Oor die opvoering self is ‘n blog nie genoeg nie, mens moet dit maar self gaan kyk en die volgende een is in 2020. Dit was beslis die moeite werd!
(Die 5 laaste foto's is poskaarte van vanjaar se spele, wat mens kan koop - niemand word toegelaat om foto's tydens die spele te neem nie)
Liefde
13 comments:
Sjoe ek dink dit moet 'n belewenis wees net om so iets te aanskou en dit is wonderlik dat hulle dit nie gebruik vir roem nie....
Wow by the look and sound its allot bigger than i thought i just tought it was something small. Im happy you got to see it my mom, im sure words cant really explain how it was. And it must have been bad holding back not taking photos.
PS im happy your all home safe!!
Ai Sandra, hoe bly is ek nie vir julle nie! Ek sou dit ook so graag wou sien - wie weet dalk in 2020 as die Here wil.
Dankie vir al die agtergrond oor die deelnemers - ek het dit nie geweet nie en dit is besonders.
Die eerste passiespele wat ek gesien het was in die Kango-grotte in 1992. Daarna het ek self 'n paasiespele vir ons gemeente geskryf en die skryf daarvan, asook die opvoer daarvan was vir my besonder verrykend. Die Easter Dramas van Salvokop was daarop gegrond. Ek het ook in 'n ander groot passiespele deelgeneem wat by Menlyn se Events arena opgevoer is en dit was ook baie spesiaal en verrykend.
Die 'ster status' gedeelte is vir my n baie interessante idee.
Jammer jul toer is oor, bly te hoor jul is veilig terug.
Cecile dit was 'n ongelooflike belewenis en ek's baie bly dat ons kon gaan!
Dit was maar moeilik so sonder die kamera seun ;-). Die spele hou vir 6 maande aan en elke aand is daar 4500 mense wat dit bywoon - alles is reeds volbespreek en uitverkoop, so jy kan net dink hoeveel mense wel die spele bywoon - dis iets ysliks en groot!
Vir jou wat soveel ondervinding van 'n passiespele het, is hierdie iets om e sien. Vyf en 'n half uur lank!!
Ons is ook jammer ons het klaar vakansie gehou Retha, maar ons het 'n bonus week gekry in die Swartwoud so julle sal maar nog 'n blog of twee moet verduur.
Dit was voorwaar 'n hoogtepunt om julle toer mee af te sluit! Ons het ook 'n paar jaar gelede deelgeneem aan 'n Passiespel in ons gemeente en dit was 'n baie emosionele ervaring. Ek sien jy sê dit hou vir 6 maande aan - so dit verg baie opoffering van die deelnemers maar ek is seker dat hulle dié belewenis vir niks anders in die wêreld sal verruil nie.
Ag, ek's bly jy was daar, Sandra! Ek onthou ek het alles gaan opsoek toe jy laas daaroor geblog het ~ dis fassinerend!
(Jy het 'n toekenninkie gekry, hoor. Gaan kyk op my bloggie, sal jy?)
Ag, ek's bly jy was daar, Sandra! Ek onthou ek het alles gaan opsoek toe jy laas daaroor geblog het ~ dis fassinerend!
(Jy het 'n toekenninkie gekry, hoor. Gaan kyk op my bloggie, sal jy?)
Ag, ek's bly jy was daar, Sandra! Ek onthou ek het alles gaan opsoek toe jy laas daaroor geblog het ~ dis fassinerend!
(Jy het 'n toekenninkie gekry, hoor. Gaan kyk op my bloggie, sal jy?)
O jinne. Daar's hy 3 keer! Ek's onskuldig, hoor... :-)
Ek sou ook nie as ek hulle was nie Thea :-). Die Passiespele was beplan as 'n hoogtepunt einde van ons toer, maar toe moes ons langer bly en 'n ander "hoogtepunt" soek :-).
Dis ok vlam jy het so lank laas gecomment daai drie kan maar tel opmaak daarvoor :-). Dankie vir die toekenning ek waardeer.
Watter voorreg dat ons regtig daar kon wees. Dis herhinneringe vir 'n leeftyd en langer. Jou navorsing is baie indrukwekkend maat.
Post a Comment