Tuesday, August 10

Ons kry nie genoeg van die Lavender nie

Na die Lavender toer en L’Occitane besoek ontdek ons ‘n Lavender museum so ‘n paar minute van ons blyplek af en natuurlik wil ons net gaan kyk wat daar aangaan. Hier leer ons net so baie. Ons raak nou kenners om die verskil tussen lavender en lavandine uit te ken en waarvoor wat gebruik kan word.

Page4

Die toer begin met ‘n video wat ons saam met ‘n Japenese groep kyk en natuurlik het ons ons eie “oomblik” toe Charmaine nie agterkom haar “toerguide” begin praat onder haar sak nie. Eers rondkyk wie praat so en dan ontdek dis eintlik hier by ons :-) nadat die meisies hulle dood wil giggle omdat Charmaine se gesig hierdie vraagteken het oor wie dan nou sommer begin praat.

Page3

Dan stap ons deur die museum en elke proses word mooi verduidelik. Van die botteltjies wat verskil tot die verskillende reuke. Die lavender is juis die wat 800 meter bo seespieel in Provence groei terwyl die lavandine wat ons ken oral in die wereld groei en by onder 800 meter seespieel. Die Romeine het die lavender gebruik in hulle baddens en om op linen.

Page5

Die regte lavender kan ook gebruik word vir medisinale gebruik soos vir kopseer, seerplekke, insek byte, verkoues en seerkeel. Natuurlik help dit jou ook “relax”. Natuurlik moes ons so ‘n ietsie koop. Die klein persoon met die GROOT sak en die lang ene met die KLEIN sakkie. Ek hoef nie te se dat ons blyplek pure lavender ruik nie en natuurlik ….. die lavender tee ……

Nou Duitsland toe via Italie


11 comments:

Sonja said...

Ek is mal oor lavender! Ek het nie eers geweet n mens kry so iets soos lavendine nie! Dit moet seker te wonderlik daar tussen julle ruik!

Sandmensie said...

mmhmmmm....kan dink julle ruik en proe... soos laventelhennetjies!Lekker lekker lekker...was daar nie iets laventelrigs om te eet nie..soos 'n scoop ligpers laventelroomys nie? Kan my nogal indink hoe dit moet proe..mens kan dalk so smoothie prakseer met vanilla roomys en die tee..
Sien julle in La Italia!

Cecile said...

Ja nee kan net saam stem met die lavender. Hulle se as mens kos buite bedien moet jy 'n paar takkies op die tafel sit dan hou dit alle insekte ook weg. Het dit nog nie probeer nie.

Anonymous said...

It agree, this idea is necessary just by the way

Sandra said...

Sonja ek het ook nie geweet van lavendine nie en moes nou leer my "lavender" wat op 'n stadium in ons Kaapse tuin was, eintlik lavendine is :-).

Ai Vicky hier word nog gelavendertee ook :-) en ja ons ruik pure lavender. Dit word net mooi vir alles gebruik!

Sandra said...

Charmaine het eers lavendine olie gekoop nog voordat sy geweet het dis nie rerig nie Cecile en ons het gehoor dit werk vir oa insekbyte en om vliee uit te hou en glo my dit werk :-). Suiwer lavender olie is te duur om op vliee te mors dink ek.

Ronelle said...

Ek gaan nou dadelik 'n bossie lavender/lavandine uit my tuin pluk..

Sandra said...

Lavendine dink ek RonelLe :-)

Thea said...

Nou ja, dankie vir die stukkie inligting. Nou't ek ook weer iets geleer wat ek nie van geweet het nie. Ek is natuurlik self MAL oor lavender/lavendine se reuk. Pluk gereeld so 'n ou paar blaartjies af in die tuin en staan daaraan en ruik en in die badkamers is natuurlik altyd 'n lavender badskuimpie of handewassepie.

Sandra said...

Thea het jy nou al 'n draai by L'Occitane gaan maak?

Thea said...

Sandra, ek het bietjie gaan google en dit lyk vir my die naaste L'Occitane boetiek is in Melrose Arch, Johannesburg en dis nie 'n area waar ek vreeslik baie by uitkom nie a.g.v al die baie padwerke hier rond. As iemand van een nader weet, laat weet bietjie.